General Relevance

Menige genealoog werk vir jare om 'n familie -register en -geskiedenis daar te stel. Dit verg geduld en deursettingsvermoë. Wanneer die taak volvoer is kan die navorser of die werk publiseer of aan familielede oorhandig. Soms wil die navorser die mense daar ver van sy suksesverhaal vertel. 'n Wetuiste word geskep en dan wat? Hoe slaag jy daaraan om die buitestaanders bewus te maak van die webtuiste?  Op hierdie blad wil ons graag aan navorsers die geleentheid bied om hul webtuistes bekend te stel. Stuur asb vir ons die detail en bietjie agtergrond oor die tuiste. Ons sal 'n skakel na die tuiste plaas wat aan almal wat meer van die familie weet beskikbaar is of hoe te werk gegaan is om 'n insiggewende blad te skep.
Die Burger Familie: Juan en Sarel Burger bedryf die BURGER familie se webwerf -Klik hier Hulle versamel inligting oor al die afstammelinge van Barend Burger, die stamvader. Dit sluit in al die familie in die RSA asook in die omliggende lande, bv, Namibië.  Daar was ook 'n paar Nederlanders met die van, maar ons weet van geen nageslag nie. Saam daarmee het die nageslag van die Duitse 1858 Setlaar aan die Oos Kaap, Johann Samuel Friedrich BÃœRGER, ook bygekom.
Noord-Kaapland familie-navorsing. Dit sluit alle families in van Calvinia, Carnarvon, Fraserburg, Vanrhynsdorp, Williston, Brandvlei, Kenhardt, Kakamas, Upington gewoon of ...grootgeword het, sluit asb aan en help my om jul familie geskiedenis op te teken en te bewaar vir die nageslag. Kom gesels lekker saam oor die mooi en vreedsaamheid van die gebied en sy mense, ons mense. Om meer te sien Klik Hier
Van Aardt Familie. Van Aardtfamilie in Suid-Afrika in die algemeen, hulle herkoms, ens. Op hierdie tydstip is daar nog heelwat gebreke, maar dit sal mettertyd reggestel word. Klik op Van Aardt
Die Oliviers van Suid-Afrika. Hierdie is 'n beskeie poging om die OLIVIERS van Suid-Afrika (en elders) nader te bring na mekaar en inligting rondom die familie te versamel en beskikbaar te stel aan almal wat belangstel. Olivier Webwerf
Die Swanepoels. Die oorspronklike navorsing is gedoen deur PC van Reenen (Cicil) en or die afggelope 8 jaar gesamentlik deur haar en JJ Swanepoel(Koot). Beide is afstammelinge van Philippus Johannes Cornelius SWANEPOEL *3 Des 1815. Alhoewel daar 'n groter fokus  op PJC se voorsate/nasate geplaas is, is heelwat werk ook gedoen op die voorsate van beide navorsers en hul families. Waar moontlik is klem gelê op die families van hul gades en broers/susters. Tribalpages
Morkel Familie. Stamvader Philip Morkel het in 1708 aan die Kaap geland.   Ons webwerf gaan oor sy nageslag - in Suidelike Afrika en die Morkel diaspora oorsee. Morkel
Cilliers, Celliers, Cellier, Cillie -Familie. Alles oor die Cilliers, Celliers, Cellier, Cillie -familie. Hierdie blad is deel van die Cilliers-Stamboom waar die Cilliers-/ Celliers-/ Cillie-voorsate en nageslagte nagevors word. Jy kan ook hier die geskiedenis  lees van Josue Cellier, stamvader van die Celliers-/Cilliers- en Cillie-families. Klik Hier
Vermeulen. Die Vermeulen geslagsregister, wat al die SA Vermeulens, sover as wat ons kon vind insluit. Die webblad gee nie die register weer nie maar dek hoofsaaklik ons Vermeulen bond se bedrywighede. Bond
Van De Haar.  Waar kom ons vandaan? Wie is ons voorouers? Hoever gaan ons terug? Baie van ons het al getob oor hierdie vrae. Vir ons in Afrika was dit nog altyd 'n tameletjie, baie genealogiese informasie het mondelings beskikbaar gekom van ander familielede, flentertjies papier of geskryf in Familiebybels. Hierdie is 'n voortgaande projek, nog nie naby klaar nie. Neem die vrymoedigheid om kommentaar te lewer of stuur aan my 'n e-pos met regstellings of voorstelle. Vandehaar
De Waal. Dié familieregister is beskikbaar op die De Waal Webtuiste in MS Wor of PDF formaat. Klik op enigeen van die twee om die volledige register te sien. Hendrik Louw
Smit. Hierdie FB groep gaan oor die Smit familie in Suid Afrika, wat afstam van Jan Smit en Anna Tol. Nie afstameling van Erasmus Smit nie. Sluit veral Sandveld Smitte en Coenradenberg Smitte in. Sandveld
Barkhuizen. Ek is die "webmeester" van barkhuizen.co.za. Die webblad is eintlik so in die middel 1990's begin om my familiegeskiedenis bekend te stel en om kontak met familielede te maak. Ek is al 30 jaar besig met die familiegeskiedenis van die Barkhuizens. Daar is seker nou so 5000 name op die register. Barkhuizen
Bezuidenhout/Roets. Hierdie familiestamboom van die Roets, Bezuidenhout en Steenkamp families is my poging  om erkenning te gee aan die stoere voorgeslag wat dit moontlik gemaak het dat ons vandag in hierdie wonderlike land kan leef. Ons voorouers het almal hul stempel afgedruk en die resultate is om ons te sien. Met verloop van tyd sal die Potgieter en Van Rensburg Voortrekkers aan moederskant hopelik bygevoeg kan word. Connie Griessen
Hotlzhausen. Die webwerf is daargestel om 'n tuiste te skep vir die familie-inligting van die Holtzhausen-familie in Suid-Afrika. Baie werk moet nog gedoen word aan die webwerf. Almal se hulp word gevra om veral die inligting in die geslagsregister aan te vul en die foute wat daarin voorkom, reg te stel. Die webtuiste bevat tans slegs die geslagsregister inligting maar ons beoog om ook later foto's en familiegeskiedenis by te werk. Helgard
Vorster. Vorster, Hans / Jan gebore in Bern [Foster]. Kom aan op 13 Mei 1717 as matroos aanboord Velsenhoofd. Terwyl hy in die Paarl bly trou hy met Elizabeth, die dogter van Barend Lubbe voormalige genoot van Jam Margra van Lutry VD en boer toe op Wolwedans tussen Paardebank en die Mosselbank Rivier. Die huwelik is nooit in enige kerkregister opgeteken nie. Van 1724 aan word Vorster en sy vrou aan die Kaap opgeteken, die laaste keer in 1728. Dit is waarskynlik dat Vorster an die einde van daardie jaar oorlede is. Sou jy enige vrae of kommentaar tov die informasie op hierdie webblad het, kontak ons asb. Ons sien daarna uit om van jou te hoor. Vorster
Conradie. Hierdie CONRADIEs is almal nasate van stamvader Friederich Henrich CONRADIJ van Marburg (teenswoordige Duitsland) gebore gedurende 1668. Hy het op Vrydag 21 Januarie 1689 as VOC soldaat in die Kaap voet aan wal gesit; het op Dinsdag 1 Januarie 1692 'n Vryburger van Cabo de Goede Hoop geword; en het op 7 Oktober 1703 met Hermina HARMENSZ van Dodewaard, Gelderland (Holland) getrou. Hulle het twee seuns gehad, maar alle Suid-Afrikaanse CONRADIEs stam af van die eerste seun, Johannes Henricus, wat op 21 September 1710 in die NG kerk van Cabo de Goede Hoop (nou Kaapstad-gemeente) gedoop is. Tans is die spelling van hierdie nasate se van CONRADIE, maar aanvanklike spellings was CONRADI, CONRADIJ, COENRAAD, CONRAADS, COENRADI and COENRADIE. Conradie

Elke jaar het die GGSA die voorreg om die prestasies van lede van die genootskap te vier. Gedurende die Gala aand tydens die genotvolle AJV naweek, wat deur die Wes-Gautengtak van die genootskap aangebied was, het die Nasionale President Petro Correjes-Brink  die voorreg  gehad om sertifikate aan sommige van die wenners te oorhandig. Dr David de Klerk het die Genealoog van die Jaar toekenning ontvang vir sy navorsing oor baie jare en die publikasie van sy werk "Van Vogelvalleij na verre velde…".
Sue Mackay het een van die meriete toekennings ontvang vir haar werk oor die Britse Setlaars. Sy is 'n e-GGSA  lid wat nie in Suid-Afrika woon nie maar 'n passie vir die onderwerp het. Richard Wolfaardt en sy span werk aan die afgelope twee jaar aan die passasierslys projek en het ook 'n meriete toekenning ontvang. Hierdie span werk aan die versameling en transkribering van dokumente in die argiewe. Die Noordwestak se begraafplaasspan is vereer vir die versameling en vaslê van begraafplaas data oor die afgelope tien jaar. Hul bydraes het nie net gelei tot die aanvulling van data in die Begraafplaas DVD nie maar het ook bygedra tot die uitbouing van die begraafplaas fotoprojek van die GGSA.
Echard von Fintel van die Natal se Middellandetak is vereer met die toekenning, Genoot van die GGSA, die hoogste eer wat aan 'n lid toegeken kan word. Eckhard het oor baie jare navorsing gedoen en sy werk in veelvuldige publikasies die lig laat sien. Sy bydrae en passie vir die bewaring van die sosiale geskiedenis van 'n gemeenskap is maar een aspek van sy werk wat vermeld kan word.
Die Presidentstoekenning is vanjaar toegeken aan lede wat op takkomitees dien en werk aan projekte. Dit is vir lang diens toegeken wat van  5 tot 25 jaar strek. Twee ander kategorieë wat vermelding verg is spesiale diens aan 'n takkomitee of besondere diens aan die NUK.
Ons wil graag al die ontvangers geluk wens met die toekenning van die sertifikate tydens die AJV van Maart 2013
{artsexylightbox path="/images/stories/GGSAsentraal/Toekennings" cloudCarousel="true" previewWidth="90" autoRotate="true" previewHeight="86"}{/artsexylightbox} Klik op 'n foto om dit te vergroot.