Die Noord-Tranvaalse tak van die GGSA vier hierdie jaar ons 50tigste bestaansjaar. Almal doen ons navorsing met die oog op die instandhou van ons familiegeskiedenis en dit is ook redelik bekend dat belangstelling in familiegeskiedenis gedurende die laaste dekades wêreldwyd toegeneem het. Tog voel die navorsers nie noodwendig altyd die vreugde daarvan in eie geledere nie, naamlik dat ons eie familie en nageslag noodwendig die werk raadpleeg of in hul skik is met ons arbeid nie. Familienavorsing kan egter van groot betekenis wees: soms wanneer na grondeise gekyk word, maar ook op die dieper sielkundige waarde wat te doen het met enkelinge en groepe se herkoms en identiteit.
Klik hier om die volledige artikel te lees