My oupa se broer het in Krugersdorp gewoon en het n hele paar kinders gehad. Wanneer hulle kom kuier het wat die kar gepak van bagasie en familielede. Sy het altyd gesê “Kom hulle hier aan met hul Parmakas volgelaai met hul Portmento`s.”
Sy het ook vertel dat die naam van Nieu-Bethesda onder die mense van Graaff-Reinet bekend gestaan het as Kapaais.
My ouma Lizzie Fourie (nee Basson) het die huise uitverhuur en teen die einde val elke maand het sy die huur gaan invorder en dan kwitansies uitgeskryf wat sy as Voldaan genoem het.