Welkom

genza3

Ons dien 'n gemeenskap van toegewyde amateur familienavorsers. Iemand wat nog nooit met genealogiesenavorsing te doen gehad het nie, kan hom die opwinding en blydskap indink wat die genealoog ervaar wanneer 'n deurbraak gemaak en die finale skakel in 'n familie-lyn voltooi word nie. Dit is werklik 'n ervaring van 'n leeftyd.
Afstammelinge van families wat reeds vroeg aan die Kaap aangekom het, het Noord- en Ooswaarts getrek, sommige het opge-eindig in die huidige Namibië en dan selfs verder tot in Angola en andere weer tot in Kenia. Wanneer jy hul voetspore volg gaan nuwe wêrelde oop. Dit gee 'n mens insig in die kulturele, politieke en die godsdienstige oorwegings wat die dryfvere was vir hierdie migrasies wat dikwels gepaard gegaan het met groot ontberings, lyding en selfs sterftes.
Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) wat in 1964 gestig is, het dertien takke waarvan twaalf landtakke is en een elektroniese tak wat voorsiening maak vir lede wêreldwyd via die internet. Elke tak reël sy eie aktiwiteite en vergader deur die jaar afgesien van Desember en Januarie. Meer inligting kan verkry word deur 'n besoek aan die verskillende tak webblaaie by www.genza.org.za te bring. Die byeenkomste word gereël met spesifieke temas in gedagte en sprekers word dikwels genooi om voordragte oor 'n bepaalde onderwerp van genealogiese belang te lewer. Opleiding word aan nuwelinge gebied en die ervare lede is gereed om nuwelinge touwys te maak.

                                                                                                                                                 

1820 SETLAARS

In the latter stages of the 17th century and in the early stages of the 18th century the dominant population groups in the Eastern Cape area were the white cattle farmers and the black cattle farmers. Both groups were constantly looking for more land on which their cattle could graze. These opposing groups clashed in a series of skirmishes or wars.

Colonel John Graham was the originator of the plan to settle a large group of Scottish Highlanders in this area. He was in charge of the British troops at a fort in the area. The fort later becomes Grahams Town. The plan was not implemented due to the fact that Britain was still involved in the war with Europe and emigration schemes were not priorities.

In 1817 captain Benjamin Moodie brought 50 young Scottish men who were artisans to the Cape as indentured workers. Later on he brought out a further 150 men. Cape citizens bought the contracts of the first group of artisans however some members of the second group absconded; thus leaving captain Moodie with a financial loss. In the final analysis the Cape gained 200 much needed artisans.

Peter Tait tried to emulate Moodie’s model but only managed to recruit 30 settlers.

On 22 April 1819 Xhosa Chief Mdushane attacked Grahams town with 10 000 warriors and overran the settlement.

This attack as well as the successful settlement of the Moodie settlers motivated the authorities at the Cape to write an appeal to Lord Bathurst to implement a settler scheme.

The end of the European war brought misery to the British population due to inflation, unemployment and the general stagnation of the economy. These miserable conditions lead to food riots in London in May 1819.

These riots in London added pressure to the then Tory government to consider an emigration scheme to the Cape.

                                                                                                                                                 

The Archive Crawl

Archive Crawl AFR cropped****Klik op die prent vir meer besonderhede ****

                                                                                                                                                 

Renoster Projek - 1972 Kieserslys

Rhino2

****Klik op die prent vir meer besonderhede****

Om 'n afskrif van die Index en Bestelvorm af te laai, klik hier

                                                                                                                                                 

Die Familia / Beste Artikel 2018

1e Familia Buiteblad

Die Familia is die Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika. Op die foto hierbo kan die eerste buiteblad van die Familia wat gedurende 1965/66 gepubliseer is, gesien word. Die Noord-Transvaal Tak van die GGSA stel sedert die vroeë 2000 jaarliks ʼn prys beskikbaar vir die beste artikel wat gedurende ʼn bepaalde jaar publiseer is.Die kriteria waaraan so ʼn artikel moet voldoen sluit ondermeer die volgende in:
• Lewer die artikel 'n wesenlike bydrae tot ons genealogiese kennis, m.a.w. is dit nuwe inligting?
• Is die artikel professioneel opgestel met goeie bronverwysings en so meer?
• Lees die artikel lekker, is die aanbieding interessant, boeiend en word daar 'n goeie balans tussen leesbaarheid en akademiese korrektheid gehandhaaf?
Die kommentaar van die paneel: Dis ‘n goed taalversorgde artikel wat lekker lees en ryklik met foto’s geïllustreer is en wat nuwe inligting oor die familie bevat. Die skrywer se bronneverwysings beantwoord aan bibliografiese vereistes en die genealogiese notasie dié wat deur Familia aanvaar word. Behalwe dat dit aan al die kriteria soos verlang voldoen, is dit een van die min artikels wat bronne volgens navorsingskriteria voorsien, nl. dat mens dit kan opvolg EN kontroleer. 

In 2018 is die beste artikel in Familia toegedig aan Charlie Els vir sy artikel, Die Verstoteling - Een van die be beoordelaars het die volgende resensie ge lewer:

"Die tema van hierdie artikel is verfrissend oorspronklik en die skryftrant hou die leser se aandag gevange. Hoewel die tema van melaatsheid beskou word in die konteks van die skrywer se ‘verlore’ familielid, word ook die oorsaak van die siektetoestand, die oorsprong van die gepaardgaande stigma en die wyer implikasies vir geaffekteerde indiwidue en hul families deur die eeue heen in detail en met empatie hanteer.

Die skrywer maak die soekende genealoog indirek bewus van nog ‘n moontlike bron waar ‘n afwesige, verlore of verdwene familielid gesoek kan word – die rekords van melaatheidsheidshospitale, psigiatriese fasiliteite of soortgelyke instansies – waaraan menige genealoog nog nooit aan gedink het as ‘n soekplek nie. Die genealoog word ook subtiel uitgedaag om alle inligting te verifieer deur primêre bronne te konsulteer, om sodoende óf verkeerde aannames t.o.v. die sterfplek en oorsaak van dood van ‘n person óf doelbewuste foutiewe inligting wat deur vorige generasies gegenereer is, in ‘n poging om gewaande skandes of stigmas te verdoesel, uit te snuffel."

Klik hier om die artikel te lees

Dit is wat jy kan verwag om op jou reis te vind sodra die gogga van familienavorsing jou byt!