{module Hartlam}

Die eGGSA-  en Suid-Kaaptak was saam deel gewees van die onlangse Hartlamfees se verrigtinge op Hartenbos. Die Wes-Kaaptak was in gees met ons, want hulle het hulle bannier vir ons geleen.  
Vir die Suid-Kaaptak  was dit ‘n wonderlike ervaring, want dit was ons eerste uitstalling wat ons beleef het!  Alles danksy Alta en haar taklede wat vanaf Port Elizabeth,  Stilbaai en Kaapstad  gekom  het en  gewys het hoe om ‘n fees op te kikker met bronne en toegewydheid.
Die uitstalling het besondere belangstelling getrek en die gevolg is dat Suid-Kaaptak ‘n paar begeesterde lede ryker is.
Ons almal is slaggereed om volgende jaar weer so ‘n fees vir Hartlam te maak!