{module Petro Besoek SK}

Die nuutgestigte Suid-Kaap-tak van  GGSA het op 10 Sept 2012 besoek ontvang van die Genootskap se president Petro Coreejes-Brink. Sy is deur die komiteelede ontvang by die George Museum wat sal dien as die hoofkantoor vir die tak. Die museum het hul komiteekamer beskikbaar gemaak vir die vergaderings en byeenkomste van die tak. Me Linda Yoso is die bestuurder van die museum en is die tak goedgesind en sal help waar sy kan.

{module Linda Yoizo}

Petro het 'n kort voordrag oor die GGSA, sy doelstellings en doelwitte gelewer. Sy het ook ‘n aantal produkte van die Genootskap aan die tak oorhandig om hul in staat te stel om hul eie biblioteek aan die gang te kry.
Die vestiging van die Suid-Kaaptak het wye dekking in die plaaslike media ontvang. Twee artikels het in die Eden Express verskyn, een deur Denise Lloyd en die ander deur die redakteur Mandi Botha. Denise Lloyd het in haar artikel feitelik oor die GGSA berig en Mandi Botha het 'n brief geskryf waarin sy haar wedervaringe rakende 'n besoek aan 'n ou familieplaas met die lesers deel. Die vestiging van die tak het groot belangstelling by die plaaslike gemeenskap gewek en so het die George Herald geskryf oor die "Grosvener word steeds onthou"
Die Suid-Kaaptak is dankbaar vir die publisiteit en het die stang vasgebyt vir die pad vorentoe.