English (United Kingdom)

Beginnerskursus in Genealogie: 25 Mei 2013

Klik op die foto om te vergroot

{module Genkursus}

Die goeie opkoms na die beginnerskursus in genealogie wat die Noordwestak op Saterdag, 25 Mei 2013 by die Potchefstroomse Museum aangebied het, het weereens bevestig dat daar 'n groeiende belangstelling in familiegeskiedenisnavorsing is.
Die bekende Isabel Groesbeek van Isabel Groesbeek Genealogiese Dienste (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.) het 19 kursusgangers getrakteer op die vele fasette van genealogiese navorsing.  In twee teoretiese en een praktiese sessie van 2 uur elk het sy kortliks gefokus op die wese van genealogie, die rede waarom genealogiese navorsing gedoen word, die soorte navorsing wat onderneem kan word, die metodiek daarvan, bronne van inligting en hoe om nagevorste inligting te dokumenteer.  Isabel het ook telkemale in haar aanbieding verwys na die dienste wat die Genealogiese Genootskap lewer.  Lede is ook aangemoedig om by die Genootskap aan te sluit.
Die beginnerskursus is hoofsaaklik vooraf deur middel  van plaaslike en streekskoerante bekend gestel.  Dit verklaar dan waarom 'n groot aantal kursusgangers vanuit Rustenburg, Schweizer-Reineke, Wolmaransstad, Klerksdorp, Stilfontein en Carletonville die kursus te Potchefstroom bygewoon het.
Suzette du Plessis, een van die kursusgangers vanuit Potchefstroom, het na afloop vandie kursus die volgende SMS gestuur:  “Dankie vir die naweek se uitmuntende kursus.  Ek het so baie geleer en alles was uit die boonste rakke.  Van die dekor, verrassingspakket tot die heerlike ete en verversings.”  Almal was dit eens dat die bywoning van die beginnerskursus oor en oor die moeite werd was en dat hulle nou met meer selfvertroue en kennis na hul voorsate kan begin soek.

  • Created on .
  • Last updated on .
  • Hits: 8707

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder