Nou afgehandel is Sue Mackay se afskrifte van die bogenaamde koerant wat in die Britse Nasionale Argief te Kew bewaar word - nog 'n reuse-transkripsie oefening deur Sue voltooi.

Ongelukkig bestaan nie die jare 1845 en 1846 in hierdie argief nie, maar die res, 1840-1844 en 1847-1853, kan in die eGGSA Koerant Versameling gevind word, saam met die vele ander uittreksels uit Suid-Afrikaanse koerante oud en nuut deur baie verskillende vrywilligers gedoen en hier deur Sue versamel.