English (United Kingdom)

8 Oktober 2016 - Regter Kees van Dijkhorst

{artsexylightbox singleImage="images/NTvlFotos/8_Oktober/IMG_1970-V_Dijkhorst.jpg" path="images/NTvlFotos/8_Oktober" color="white" previewWidth="200"}{/artsexylightbox}

Ons tak het die voorreg gehad om na Regter Kees van Dijkhorst te luister oor die Nederlanders van/in Suid-Afrika. (Klik op die foto om te vergroot)
Sy aanvangstelling was dat Suid-Afrika ʼn land van immigrante is. Met uitsondering van die Khoi en San het die Zulu’s en die Xhosas, hier aangestap gekom, die Hollanders, die Franse die Duitsers het per skip gekom, so ook die Maleiers en selfs vandag nog kom daar nog steeds immigrante aan. Regter van Dijkhorst het hierna die verskillende groepe Hollanders wat in Suid-Afrika aangekom het, toegelig.
Die eerste groep het van 1848 tot 1859 aangekom. Prof Laufs in Nederland het baie simpatie met die trekkers gehad en het onderwysers gewerf wat dan met die opvoedingstaak van kinders begin het. Die tweede groep het van 1874 tot 1880 aangekom en onderwysers wat deur Pres Burgers gewerf is. Die volgende groep het van 1881 tot 1902 aangekom wat hulle op Dullstroom gevestig het en ook ʼn verdere groep wat ʼn groot bydrae gelewer het met die bou van die spoorlyn na Mosambiek. Baie lede van hierdie groep het beland in die verskillende staatsdepartement van die ZAR. Die 4e groep het van 1902 tot 1940. Hierdie groep het primêr gekom ter ondersteuning van die CNO Skole en ʼn groep verpleegsters uit hierdie groep het die Hollands Hospitaal gestig wat later tot die stigting van die Zuid-Afrikaanse Hospitaal en Diakonessenuis het hierna gevolg. Die 5e Groep het van 1940 tot 1950 gekom en van 1946, na die oorlog, tot 1965 het 26000 Hollanders aangekom.
Met die aanvang van die 2e Wêreldoorlog was Nederland ʼn politieke roesemoes wat later aanleiding gegee het tot die opstel van die Diensplig Wet in Nederland. Hierdie wet het ook ʼn neerslag gevind in Suid-Afrika en ʼn wesentlike invloed op die Hollanders alhier gehad.

Klik op die skakel hieronder om na Regter van Dijkhorst se gesprek oor die Diens Weigeraars en die gevolge daarvan vir die Hollanders in Suid-Afrika af te laai.

Aflaai skakel ->hier(regs kliek "save as" om af te laai)

  • Created on .
  • Hits: 4025

Noord-Transvaaltak Byeenkoms: 11 Junie 2016

{artsexylightbox path="images/NTvlFotos/11_Junie_2016" previewWidth="180" previewHeight="180"cloudCarousel="true" autoRotate="true"}{/artsexylightbox}
Die koue het reeds Satermiddag begin byt maar die taklede het en masse rapporteer vir dié besondere byeenkoms.
Van 10 uur af was daar eers ʼn bekendstelling sessie by die Biblioteek. ʼn Groep van so 25/30 lede het voorligting gekry oor wat alles beskikbaar is in die biblioteek en sommige het dadelik ingespring en die bronne begin benut. Aantekeninge is gemaak en foto’s is geneem. Mens kon sien dat sommige van die genealoë heel bedrewe is met die soeke na besonderhede en ander het al staanders gemaak vir hul kamera waarmee hul baie akkuraat kon fokus en gehalte foto’s kon neem.
Daarna is die byeenkoms in die Kunsgalery van die Monument voortgesit. Dr Dirk Herman was die spreker. Hy het besonder klem gelê op stories en betekenis van die stories vir die nageslagte. Hy heg groot waarde aan die wetenskap agter genealogie. Hy het begin om te verwys na die geslagregisters in die Bybel en die belang daarvan vir familienavorsing.

Lees verder: Noord-Transvaaltak Byeenkoms: 11 Junie 2016

  • Created on .
  • Hits: 4136

Noord-Transvaaltak 50 Jaar oud

WaterwielIMG 4939IMG 4943IMG 4947IMG 4954

 

 

Dit was 'n lekker verjaarsdag, taklede en vriende van die Noord-Transvaaltak het die 50ste verjaarsdag by die Willem Prinsloo Museum gevier. Die besoekers het die geleentheid gehad om die besienswaardighede by die Museum te bekyk.

Die groep is in drie gedeel en is om die beurt deur die gidse touwys gemaak oor wat daar by hierdie museum aan die gang is. Vir diegene wat die eerste keer die Museum besoek het was dit 'n ervaring van 'n ander wêreld. Implemente en voertuie uit vergange se dae het die verjaarsdaggangers teruggevoer na die ryke geskiedenis wat die pioniers nagelaat het. 'n Mens kan maar net jou hande saamslaan oor dit wat hulle met eenvoudige maar doelgeskikte middele kon bereik. Dit was 'n belewenis om te sien hoe gansdons gepluk word, met 'n veerpen te skryf en dan kon van die manne die draaiwaterpomp bedryf en water pomp.
Een van ons lede, Dirk van Heerden het getrou aan sy aard, die Prinsloo grafstene afgeneem en in totaal het hy nou al 13200 grafstene landwyd afgeneem.
Na al die praktiese ervarings was vleisbraai en partytjiehou aan die orde. Dit was 'n belewenis om die die manne en vroue te sien vleisbraai. En wat was die bespreking om die vuur? Familienavorsing natuurlik, gedagtes is uitgeruil en wenke is sommer so tussenin uitgedeel. Sommiges het nuwe moed gekry vir die taak nadat hulle vas geglo het hulle kon nie verder vorder nie.
Isabel Groesbeek het die woord "Genealogie" gebruik om 'n kort oorsig van die geskiedenis van die Noord-Transvaaltak te beskryf. Ferdie van Wyk die visie-president van die GGSA het 'n groeteboodskap namens die GGSA aan die tak oorgedra. Isabel het 'n heildronk op die Tak ingestel. Luister na Isabel se rede.
:

Noord-Transvaal 50 Jaar

Aflaai skakel ->hier(regs kliek "save as" om af te laai)

  • Created on .
  • Hits: 4215

Noord-Transvaaltak betree die Kuberruim

Saterdag 9 April was daar weer ʼn nuwe hoogtepunt by die Noord-Transvaaltak. Saterdagoggend het sowat 40 van ons lede die opleidingsessie bygewoon. Gewapen met notaboeke en skootrekenaars het hulle geluister en gedoen. Daar is drie sessies aangebied.
GendataBase 2Otto Diedericks het aan die lede gedemonstreer wat alles beskikbaar is by GendataBase. Vooraf het N-Tvl se tesourier vir die tak ʼn week se krediet gekoop by GendataBase. In die kunsgalery van die Voortrekkermonument is daar WIFI beskikbaar en ons kon dus aanteken op die databasis. Otto het aanlyn na die verskillende elemente van die databasis daarna gedemonstreer. So lyk ʼn voorbeeld van ʼn huweliksregister. Die foto langsaan is ʼn verkleinde weergawe van die werklike huwelik informasie.
Die volgende sessie het gegaan oor die benutting van Familysearch.org. Deur gebruik te maak van die skakels wat deur Linda Farrell opgestel is het Ferdie vanFam Search Beelde Wyk gedemonstreer hoe jy by onder andere boedel dokumente kan opspoor. Eers is gesoek na ʼn sterfkennis, in hierdie geval Christoffel Hendrik van Wijk op Naairs. Die SK was no 457 1917. Deur gebruik te maak van hierdie skakel Cape (KAB) Estate files, SOURCE MOOC (other years): https://familysearch.org/search/catalog/331262?availability=Family%20History%20Library kon die LDS filmrol opgespoor word. Hierna begin die soektog. In die besondere geval is daar is 777 beelde. Deur ʼn proses van eliminasie kon SK457 opgespoor word.

Tydens die 3e sessie het Leoni Barnard die geheimenisse van Facebook met die aanwesiges gedeel. Die wat skoot rekenaars by hulle gehad het kon stap vir stap volg hoe jy Facebook op jou rekenaar plaas, hoe jy aanteken en hoe mens maak om vriende te soek, hoe jy boodskappe en foto’s plaas en hoe jy plasings van jou vriende met almal kan deel. Leoni het ook prakties demonstreer hoe mens die kragtige boodskap vermoë kan gebruik om op ʼn persoonlike vlak te kommunikeer.
Dit was ʼn vrugtevolle oggend

Linda Farrell het 'n lys saamgestel van verwysing op NAAIRS wat aanlyn beskikbaar is by www.familysearch.orgKlik hier om die lys te bekyk Gebruik Internet Edge (Internet Explorer) vir die beste reusltate.
Dankie Linda vir die toestemming om die lys beskikbaar te stel

  • Created on .
  • Hits: 5035

Ver dink op Doornbult

Foto's verskaf deur John Ysssel. Klik op die foto's om te vergroot

{artsexylightbox singleImage="images/NTvlFotos/John_Yssel/Ver_dink_op_Doornbult.jpg" path="images/NTvlFotos/John_Yssel" color="white" previewWidth="250"}{/artsexylightbox}

Saterdag 13 Maart 2016 kon ons luister na John Yssel se verhaal van die Yssel Familie. Hy het aanvanklik 'n gedempte belangstelling in die Yssel familie maar nie daaraan gedink om navorsing te doen nie. Die vonk wat die vuur aan die brand gesteek het was 'n artikel op die agterblad van 'n uitgawe van ‘n ou Sarie(1994): “Ver dink op Doornbult” wat hy in ʼn dokter se spreekkamer raakgeloop het.

{artsexylightbox singleImage="images/NTvlFotos/John_Yssel/Doornbult_BP.jpg" path="images/NTvlFotos/John_Yssel" color="white" previewWidth="200"}{/artsexylightbox}

Afgesien van die Yssel familie doen John ook navorsing oor die Nieman, Henrico en Erasmus families.
In die artikel van die Sarie lees hy oor Doornbult en dit beantwoord 'n paar vrae vir hom. Die Doornbult Konsentrasiekamp was algemeen bekend as die Oranjerivier Konsentrasiekamp. Dit het daartoe gelei dat John se vader wat tot sy dood na sy pa se graf gesoek het, dit nooit kon opspoor nie. Hy het nie geweet dat dit eintlik die Doornbult kamp is nie. Dié artikel het die deure oopgemaak en John was vasbeslote om verder te gaan soek.Dié konsentrasiekamp is in privaat besit en word goed versorg deur die eienaar, Rina Wiid.

{artsexylightbox singleImage="images/NTvlFotos/John_Yssel/Yssel_by_Oupa_se_Graf-1.jpg" path="images/NTvlFotos/John_Yssel" color="white" previewWidth="200"}{/artsexylightbox}

John en sy eggenote het toe die plaas gaan besoek en die reste van die kamp daar gesien. Die hek was gesluit en hy kon nie toegang verkry nie. Rina Wiid bedryf 'n gastehuis en by 'n latere geleentheid het hy daar plek bespreek en vir Rina Wiid ontmoet. Rina het die grafregister wat by die Oorlogmuseum in Bloemfontein was gedupliseer en dit is hier waar John die besonderhede van die graf kon kry en dit kon opspoor. Dit was ʼn besondere oomblik.

Daarna het hy die boek van Adolphe Linder: "The Swiss at the Cape of Good Hope 1652-1971" raakgeloop. John het geen kennis gedra van wanneer die Yssel stamvader in Suid-Afrika aangekom het nie. In hierdie boek kon John heelwat inligting oor sy stamvader opspoor. Lg het in 1754 aan die Kaap geland en in die boek word sy kinders breedvoerig beskryf. So het John kon vasstel waar sy stamvader in Switserland vandaan kom. Dit is die plaas Bargli net naby die dorpie Hasle in die Kantonment Bern. Toe Adolphe Linder weer na Switserland gegaan het, het hy die plaas gaan opsoek. Die tragiese is dat toe hy by die plaas kom net die murasie van die huis daar was. Dit is twee of drie jaar vantevore afgebreek. Hier kon Adolphe agterkom dat die Yssel van oorspronklik Iseli was. Die van is foneties deur die Switserse klerk op die skip geskryf as Yselle. Die Yssels het sterk bande met die Gereformeerdes, “Doppers” gehad. Sy oupa het die van verander na Yssel nadat Ds Dirk Postma wat van Holland af gekom het, gesê het hul kom van die Ysselmeer, in Holland af. John se familie is ook “Doppers”. Daar is by John geen twyfel oor wat die oorsprong van sy van is nie.

John het sy voordrag afgesluit af deur te verwys na die verspreiding van die Yssels in Suid-Afrika. Een groep het opge-eindig in die Colesberg omgewing en hul aan die Seekoei rivier gevestig. Nog 'n groep het hulself in die Petrusville omgewing gevestig en dan is daar die Ventersdorp Yssels. John se eie familie kom van Abrahamskraal in die Fauresmith distrik.

  • Created on .
  • Hits: 5990

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder

Visitors to this web site

Today400
Yesterday657
This week3830
This month12360

Visitor Info

  • IP: 18.204.227.250
  • Browser: Unknown
  • Browser Version:
  • Operating System: Unknown

Who Is Online

3
Online

Saterdag, 19 Oktober 2019 21:45