Op Soek na die Oorsprong van my Naam

Posted in N-Transvaal Branch Activities


Adriaan: My eerste naam Adriaan is afgelei van die Latynse naam Adrianus of Hadrianus bedoelende afkomstig van Adria of Hadria. Vandag se betekenis sluit in: ryk, swart, geheimsinnig, donker een. My tweede naam, Sarel, en die verbuigings Carel, Charel, Charles: is van Germaanse afkoms en beteken nie-adelike vryman.
Nel: Bekwame, Moderne, Kreatiewe, Vriendelike, Vrolik, Aktiewe, Vrygewige, Temperamentele, Vlugtige, Ernstige, Gelukkig (kies wat by jou pas)
Ek kan my stamlyn terugspoor na drie van die stamvader se kinders (sien skyfie 1)
Namate my navorsing vorder kom daar nuwe uitdagings. (sien skyfie 5 vir my stamlyn) By my was dit my naam. Gou het ek vasgestel dat my naam beslis nie ʼn tradisionele NEL naam is nie alhoewel ek vernoem is na my oupa aan vaderskant. Die volgende name kom algemeen in die NEL stamlyn voor: Willem, Willem Adriaan, Pieter Willem, Johannes en ander met die name as kern. Dink aan Petrus Johannes. Natuurlik is ander name meer en meer gegee soos mans met dames getrou het en hulle vaders ook vernoem is.
2. OORSPRONG VAN MY NAME:
Toe ek my ouma groot aan vaders kant Aletha Maria Francina de Beer (e8f11), getroud met Petrus Johannes Nel (f4g4), se lyn begin navors in ons biblioteek, kry ek daardie hoendervel oomblik waarna Ferdie van Wyk verwys. (sien skyfie 3 en 4 vir my de Beer stamlyn). Dit was vir my ʼn deurbraak. Ek koop die de Beer laserskyf en begin deur my ouma en haar voorgeslagte te soek. Ek kom agter dat haar oupa aan vaderskant Adriaan Carel de Beer (a2b5c4d8) is. My naam is dus moontlik afkomstig uit die de Beer lyn. Maklik, wat wou. Daar stop die naam sonder enige verdere verwysing.
Hierdie Adriaan Carel de Beer se ouers is, Johannes Mattheus de Beer (a2b5c4) en Cornelia Nel (b9c8). Dus nog ʼn Nel in my stamlyn. Maar nêrens kry ek verdere verwysing na my naam nie. Die name van Cornelia se ouers is Adriaan Nel (b9) en Catharina Appel (b2c4). Is my naam dalk ʼn samestelling van die twee name begin ek wonder???
Ek besluit om die “monster” mev Google te raadpleeg en op ‘n Hollandse webwerf http://www.zwangerschapspagina.nl/threads/moderne-jongensnaam-maken-van-catharina.416430/ kry ek onder andere die manlike weergawe van “Catharina”, is “Carel” en nog so 10 ander seuns name ook. Is dit toevallig?
Het ek die oplossing van die oorsprong van naam gekry??
Ek voel redelik gelukkig met die fonds.
As dit onwaar is wie gaan navraag doen?? Maar ons is mos nie gelukkig as ons nie die hele oplossing het nie. Gevolglik probeer ek ander verwysings. Ek soek na ander vorme van name en kry uiteindelik ʼn berig oor die prinses van Cam¬bridge gepubliseer op Woensdag, 06 Mei 2015 01:12: Die hertogin Kate en hertog William se nuwe babadogtertjie, wat Saterdagoggend gebore is, se naam is Charlotte Elizabeth Diana. Kensington-paleis het getwiet: “Die baba sal bekend wees as haar koninklike hoogheid prinses Charlotte van Cambridge.” Charlotte is die vroulike vorm van haar oupa prins Charles se naam. Charlotte is op haar beurt ‘n wisselvorm van Catherine
Nou moet ek nog net vas stel hoe ek die inligting gaan gebruik, Of is daar ʼn ander rede vir die naam Sarel?
Ek sal nie rus voor ek die regte antwoord het nie.
Wat 2 en 4 van my bykomende doel soos hierbo gestel, betref, Hierdie twee onderwerpe verg verdere deeglike navorsing en wanneer ek dit klaar het, sal ek my bevindinge publiseer.
Baie dankie