{artsexylightbox path="images/stories/Suid-Kaap/Munro/AbrieMunro" previewWidth="160" previewHeight="160"}{/artsexylightbox}

Die GGSA se Suid-Kaap Tak het 'n besondere genealogie bekendstelling aan die inwoners van Mosselbaai gedoen op Donderdag 21 Augustus. 43 Belangstellendes het geluister na sy aanbieding in die graanskuur saal van die Dias-museum-kompleks. Abrie de Swardt, voorsitter, GGSA-Suid-Kaap, het 'n voordrag, "In die voetspore van Alexander Munro" gedoen. Abrie het navorsing in Skotland gedoen oor die Munro-familie, en meer spesifiek Alexander Munro, wat 'n lid van die 93 Sutherland Highlanders Regiment was. Alexander was een van die pioniers van Mosselbaai, oorspronklik genoem Munro Bay in die vroeë 19de eeu. Abrie het Nairn in Noord-Wes Skotland, waar Alexander gebly het, die Nairn Museum, die Edenburgh Castle, Nasionale Museum van Skotland, en die weste van Skotland Family History Society in Glasgow besoek tydens sy navorsingtog. Die Glasgow en Wes-Skotland Familie Geskiedenis Genootskap het meer
as 1800 aktiewe lede en het 'n groot sentrum vir navorsing by 32 Mansfield Street in Glasgow.
Bekyk die Aanbieding hier