English (United Kingdom)

Oupa Dawid met die Doek

Dawid Jacob Gideon Conradie
Klik op die foto's om te vergroot

Ek is Dawid Jacob Gideon Conradie.  Ek is gebore op 11 Mei 1845 op die plaas “Eendracht” in die distrik Montagu in die suid kaap.  Ek is die sesde kind van Johannes Hendrik Conradie en Christina Johanna Jordaan.  Toe ek omtrent tien dae oud was het my ouers na die Klein Roggeveld verhuis.  Toe ek veertien jaar oud was keer my ouers egter weer terug na die Boland en vestig hulle op Robertson. Dit was in 1859.
Op 21 Augustus 1860, toe ek omtrent vyftien jaar oud was het ek eendag saam met my oom, oom Hans Jordaan, met ‘n wa en ses muile ‘n paar sakke koring geneem na die meul van ‘n ene meneer de Kock.  Die plaas waarop die meule geleë was, was sowat twaalf kilometer, een en ‘n half uur met die muilwa, vanaf Robertson in die rigting van Montagu.
Met die terugkeer vanaf die meule sluit ene Jan Minnaar by ons aan en my oom hans gee die sweep aan hom en hyself gaan sit agter op die wa.  Ek het die leisels gehou. By ‘n steilte op die pad klop Jan Minnaar die esels wakker en toe ons teen die ander kant van die heuwel afry, slaan die muile op ‘n stywe draf tot so ‘n mate dat ek van die sitplek af opgelig word.  Daar was geen voetplank nie so ek moes op die disselboom vastrap.  ‘n Bui reën, ‘n rukkie tevore het egter die disselboom nat gemaak en my velskoene was ook nat van die reën en dus kon ek nie stewig op die glibberige disselboom vastrap nie.  Ek gly toe van die disselboom af, tussen die agterste muile in en beland met my kop voor die linker voorwiel van die wa.  Die wiel gaan egter toe nie oor my kop nie, omdat ek in die leisels verstrengel geraak het en word ek ongeveer vyftig treë vêr langs die klipperige steilte afgesleep met my kop wat as remskoen vir die wa se wiel dien.
Jan Minnaar slaag uiteindelik daarin om die leisels, wat nou voor die wa op die grond sleep met sy voet los te woel en in die hande te kry terwyl hy aan die wa se voorstel vashou.  Dit geluk hom om met die leisels die span muile in ‘n gwarriebos te stuur en so tot stilstand te bring.
Toe die wa egter tot stilstand kom staan die wiel op my kop en word ek deur oom hans en oom Jan bewusteloos daaronder uitgehaal.  Ek het egter spoedig weer bygekom en kon met die ondersteuning van die twee ooms op die wa klim en hulle het my op oom Jan se jas agter op die wa laat lê.
{artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/JohanFourie/Oupadawid" previewWidth="100" previewHeight="100"}{/artsexylightbox}

Lees verder: Oupa Dawid met die Doek

  • Created on .
  • Last updated on .
  • Hits: 12133

Die Mied word Groter en die Naald al kleiner

Bets Terblanche
My soektog is na die oorsprong van my Oupagrootjie aan moederskant. My oupa se van was aanvanklik Warrenton – vir die kinders Warmtoon! Iewers het daar ‘n storie ontstaan dat Oupa ‘n skipbreukeling was wat deur ‘n Afrikaanse familie aangeneem is – met ‘n sussie en boetie wat deur twee ander gesinne aangeneem is. Oupa het nog kontak met sy sussie, Sannie, gehad.
Toe oupa se oudste seun in die Kaap (?) gaan soek het vir inligting, het hy teruggekom met die bewering dat die van ‘Wartington’ moet wees en dat daar familie uit Engeland in ‘n stadium kom soek het na moontlike oorlewendes, maar niemand kon vind nie. Al die betrokke kinders het toe Wartington geword. Dit klink mos interessant en kan selfs dui op moontlike erfporsies!
Al hierdie verkeerde persepsies het my soektog geweldig belemmer. In die 1986-kieserslys was alle Wartingtons my oupa se nageslag! Toe ek my ouma (Du Toit) se huweliksertifikaat by Ladismith vind, kon ek duidelik sien dat haar man se van as WORTINGTON aangedui is en dit het my die idee gegee dat dit moontlik Worthington kon wees. My eerste deurbraak!
By die publikasie van SAG se W-boek het ek gevind dat al die ou oorlewerings verkeerd was. My oupa was beslis nie ‘n skipbreukeling nie, want ek het sy pa se huweliksertifikaat gevind: William John WORTHINGTON x Martha Johanna CORDIER – albei van Gamkaskloof. Wat ‘n deurbraak!!
(Baie interessant: In die huwelik bevestig deur Ds J H Neethling, my strooimeisie se Oupagrootjie en stigter van Stellenbosch se moederkerk!).
Hulle het vier kinders gedoop, drie dogters en ‘n seun: my Oupa. Op die doopsertifikate baie duidelik aangedui as Worthington! Die tweede

{module Bets Terblanche}
dogter was Susanna Johanna Mathilda (Sussie Sannie!) en sy was 14 jaar ouer as my Oupa, Jacobus Cornelius!
Aangesien Oupa blykbaar niks van sy ouers onthou het nie, het my soektog toe verskuif na Tant Sannie. Ek het haar huweliksertifikaat op die Mikrofiche begin soek vanaf ouderdom 14 jaar en wou net moed opgee toe ek sien sy is eers op 36 met ‘n wewenaar getroud, naamlik met Jacobus Christiaan PRETORIUS (s.v. Johannes Matthys) op Ladismith in 1890. Deurbraak, want ek het nog ‘n bron van inligting gevind – het ek gedink!!
Hulle het nog drie kinders gehad, die laaste Willem Johannes, m.a.w. vernoem na William John. Nie een van my oupa se kinders is na sy ouers vernoem nie! Die groot hoekom???
Maar dis waarom ek nou by die Pretoriusse wil hoor of Tant Sannie iets van haar pa aan haar nasate oorgedra het – dis een van my laaste opsies!
Ek kan noem dat ek in Gamkaskloof, Prins Albert, Calitzdorp (waar haar man begrawe is) oral rond verneem het – tot by die Ouetehuise! Ek was op die rekenaar met allerhande adresse, het e-posse en briewe geskryf aan etlike genealogiese verenigings in Engeland. Almal kom met beloftes terug, maar geen inligting!
Dan was ek in Engeland (te kort) waar ek in die ‘Parish Registers’ gesoek het na sy doop, maar ongelukkig gee hulle net die eerste naam en daar is letterlik honderde William Worthingtons in sy tyd gedoop, vanaf Skotland tot Cornwall! Ek was by twee Worthington-dorpe, ‘n Worthington-meer, Worthington Hall en ‘n kerk waar die oorspronklike Edvard Worthington begrawe is. Maar twee weke was te min, dalk selfs twee jaar!! Ek is daar weg met ‘n keuse vir my Oupagrootjie, tussen ‘farmer’, ‘bigamist’, ‘convict’, ‘pastor’ of Lord!!
O ja. ook met ‘n blikkie Worthington-bier – ellendig sleg!
Tans is daar nog een ander opsie. Daar is begin met Worthington DNS-toetsing in Amerika en ‘n kleinnefie het ingewillig om sy DNS te laat doen, maar kom ook nie sover nie!

Ek doen veral ‘n beroep op die Pretoriusse en Cordiers vir die GROOT deurbraak!!

  • Created on .
  • Last updated on .
  • Hits: 7957

Kan 'n Oumagrootjie mens so verwar

Geskryf deur Ria Slabbert. 11 Julie 2013

Dis nie net te min inligting wat ʼn uitdaging is vir ʼn nuuskierige genealoog nie;   voorouers se geite en  giere, maar ook hul sterk  oortuigings kan mens baie lank op ʼn dwaalspoor hou.     Al het ons GGSA-tak al die beginners baie mooi geleer hoe om te werk te gaan, het my oumagrootjie my goed  deurmekaar gehad.
My oupa en ouma STOKES het redelik gehou by die tradisionele naamgewingspatroon en dus, so het ek gedink, behoort ouma Anna Maria Elizabeth OLIVIER se oudste dogter haar ma se naam te dra. Maklik,  ek soek net na ʼn Susanna Georgdien wat met ʼn Jan Tielman OLIVIER getroud was.   Verder het ek darem my ouma se geboortedatum,  1889 gehad om vanaf terug te werk.
Die gewone bronne het egter niks opgelewer oor á½¹f my ouma- á½¹f oupagrootjie nie.  Uiteindelik het  ‘n Oliviernavorser, Yvonne Robinson, goedgunstiglik inligting beskikbaar gestel oor  Jan Tielman se herkoms en het sy aangedui dat  hy met ‘n Susanna LOTZ getroud was.  Maar …. Haar tweede naam was Isabella en sy is al in 1845 gebore!
Uiteindelik het dit geblyk dat Susanna voorheen met C.J. Langenhoven se oom getroud was en dat Jan dus met haar, as ‘n weduwee met vier kinders, getroud is.  Jan was ook voorheen getroud.  Op  hierdie stadium dink ek dat sy eerste vrou Susara Christina LOU(W)RENS was en dat hul ten minste twee seuns gehad het.  Intussen is daar gelukkig ook kontak gemaak met meer van oupa- en ouma-grootjie se ander  nasate.
Opvallend  egter was dat tannie Tienie, een van die niggies, wat na ouma Susanna Isabella vernoem is, se tweede naam eweneens nie Isabella is nie, maar wel Martina.  Dit het verder geblyk dat al die niggies wat na hul ouma (bekend as ouma Sannie) vernoem is, se tweede name verskil het en dat nie een Isabella as tweede naam gehad het nie?  Op my verbaasde navraag, gee tannie Tienie toe die volgende interessante verklaring:   Ouma Sannie was mos vreeslik gelowig.   Sy het al haar kinders verbied om haar tweede naam te gebruik, want, het sy hulle herinner, dit was mos die naam van die afvallige Koning Agab se Baälaanbiddende vrou!  En … dié vrou (wat eintlik Isebel was) het die Baäl-priesters gestuur om die profeet van God, Elia, dood te maak!

 

  • Created on .
  • Last updated on .
  • Hits: 4672

Sam Basch se A-Ha oomblik

Sam Basch 12 Mei 2013

By die Bergendal-monument buite Belfast in Mpumalanga het ek twee name onder mekaar op die swart granietpaneel gelees:  Van Elandskloof (Klik op die foto om te vergroot) {artsexylightbox path="images/stories/Noord_Transvaal/SambaschAHA" previewWidth="100" previewHeight="100"}{/artsexylightbox} - A. Basch; R. Basch.
Aanvanklik kon ek hierdie twee nie plaas nie, al was ek vanaf laat-2009 met die familienavorsing doenig.  Só onervare is mens dat ek nie dadelik gesnap het hierdie einste A. Basch was ons stamvader nie.
In 2010 bespreek ons selfs ‘n snerpend-koue naweek op Elandskloof, deesdae ‘n forelplaas naby Dullstroom, op soek na stamvader Alexander Oskar Adolf Berthold BASCH (1837-1902) se graf.  Volgens my inligting het hy tot 1902 op Elandskloof geboer. Ons gaan soek selfs in die ou begraafplaas op Machadodorp waar hy glo ‘n huis besit het.  Niks.
Dan kom ons op ‘n skokkende feit af uit sy vrou se dokumentasie in die argief: sy het verklaar dat hy op 20 April 1901 vermoor is.  Elria Wessels by die Anglo-Boereoorlog-museum in Bloemfontein bevestig die inligting in ‘n e-pos, maar dui die jaar aan as 1902.  En sy verwys ook na Robert (Gert) Basch, ouderdom 14, wat net soos Alexander twee myl buite Dullstroom vermoor is.
Nou weet ons hul name is dié wat op die Bergendal-monument verskyn, vermoedelik dan herbegrawe vanaf Elandskloof. Maar wie was jong Robert?
Alexander se Sterfkennis (SK) bevat die name van vier kinders uit sy eerste huwelik met Martha Christina Elizabeth Geertruida SMIT (1837-1870) en tien kinders by Aletta Petronella STOLTZ (1848-1920).  Maar daar is g’n Robert Gert aangeteken nie.

Lees verder: Sam Basch se A-Ha oomblik

  • Created on .
  • Last updated on .
  • Hits: 4857

Verdere Artikels...

Kontak die Webbladbestuurder

Terugvoer, voorstelle en regstellings word verwelkom.
Kontak asb die Webbladbestuurder

Visitors to this web site

Today342
Yesterday585
This week342
This month8872

Visitor Info

  • IP: 3.214.184.196
  • Browser: Unknown
  • Browser Version:
  • Operating System: Unknown

Who Is Online

8
Online

Maandag, 14 Oktober 2019 13:05