Maraton vir McArthur

{module Eindpunt}

Potchefstromers en deelnemende atlete het Saterdag, 10 November 2012 tydens die Traumeel KK McArthur-gedenkmarathon  en -padwedloop 'n voorsmakie gekry van 'n marathon wat honderd jaar gelede in Stockholm, Swede gehou is. Hierdie moordende marathon is op 14 Julie 1912 deur die Iersgebore

{module Waterpunt3}

Potchefstromer,  Kennedy Kane McArthur in 'n rekordtyd van 2:36:54 gewen.
Die waterpunt voor die eertydse woning van McArthur in Kockstraat 102 te Potchefstroom is deur lede van  GGSA: Noordwestak, Erfenis Potchefstroom en die personeel van die Potchefstroomse Museum beman.   Geklee in periodedrag en met outydse musiek, gespeel op 'n Outentieke “His Masters Voice” grammafoon  in die agtergrond, het hulle die atlete luidkeels aangemoedig en met lemoenskyfies en koeldrank bederf. Nagenoeg  1000 atlete het aan die gedenkmarathon en padwedloop deelgeneem.  Onder hulle was Josiah Thugwane, die enigste ander Suid-Afrikaner wat sedertdien daarin kon slaag om 'n Olimpiese marathon te wen en Blanche Moila wat in die jare 70 en 80 die vroue-afdeling van padwedlope in Suid-Afrika oorheers het.  ‘n Afvaardiging van 6 Iere, waaronder 2 voormalige burgemeesters van Dervock was, het ook spesiaal na Potchefstroom gereis om deel  te wees van die herdenkingsgeleentheid.  Almal is dit

{module Waterpunt4}

eens dat die K.K.  McArthur -gedenkmarathon en -padwedloop  beslis ‘n jaarlikse instelling in Potchefstroom moet word.
Kennedy Kane McArthur is op 10 Februarie 1881 in Dervock, Noord-Ierland gebore.  Hy was die tweede van 5 kinders uit die huwelik van Robert  Jamieson McArthur en Mary Ann McArthur . Na sy skoolopleiding was hy 'n posman in Dervock en distrik. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het McArthur by die South African Constabulary aangesluit. Laasgenoemde het in die eertydse Transvaal  diens gedoen.  As polisieman was hy gestasioneer by Lindequesdrift, Kraalkop en later in Potchefstroom.
In 1904 het McArthur  sy eerste wedloop tussen Klerksdorp en Potchefstroom (57 km) voltooi.  Gedurende sy atletiekloopbaan het hy aan 'n totaal van 6 marathons deelgeneem en almal gewen.  Ten spyte van sy prestasies is hy nie in 1908 vir die Springbokspan gekies, wat sou deelneem aan die Olimpiese Spele te  Londen  nie.  Die eer sou hom eers in 1912 te beurt val, toe hy en sy Springbok-spanmaat, Christopher Gitsham aan die Stockhölm-marathon deelgeneem het.  By die

{module McArthur Marton Logo}

halfpadmerk was Gitsham eerste en McArthur derde.  Sowat 3.2 km van die eindstreep het Gitsham by ‘n fontein langs die pad gestop om water te drink. McArthur het aanhou hardloop en die wenstreep in ‘n rekordtyd van 2:36:54 oorgesteek.  Gitsham was tweede met 'n tyd van 2:37:52. Van die 69 atlete wat aan die wedloop deelgeneem het, het slegs 34 dit voltooi.
Met McArthur se terugkeer na Suid-Afrika het hy 'n besering opgedoen wat 'n einde van sy atletiek-loopbaan gemaak het.  Hy is in 1960.08.13 op die ouderdom van 79 jaar oorlede en in die Potchefstroomse Begraafplaas begrawe.
McArthur se Springbokbaadjie, die lourierkrans wat hy tydens Olimpiese Spele te Stockhölm ontvang het, sy atletieknommer (nr. 613) ,asook sy medaljes en trofeë kan in die Potchefstroomse Museum besigtig word.