Gerrit Muller

Francois Gerrit Muller is op 15 Oktober 1943 in Bloemfontein gebore. Sy ouers was Alfred John Muller en Christina Sofia Johanna Naude. Gerrit, so word hy Gerritgenoem, was hulle eersteling.
In 1961 slaag Gerrit matriek en word opgeroep vir verlengde militere opleiding.
Hierna het hy begin werk as ‘n leerling telekommunikasie tegnikus in die tegniese afdeling van die Poskantoor in Bloemfontein. In 1963 verhuis Gerrit na Pretoria en begin die tegnikuskursus by die Pretoriase Tegniese Kollege en kwalifiseer in 1965 as tegnikus in kommunikasie. Hy ontmoet vir Hettie Wandrag in 1963 en hulle is in 1967 getroud
Gerrit aanvaar ‘n pos by African Cables in Vereeniging in 1968. Hier brei die gesin uit: drie kinders, twee seuns en ‘n dogter, word gebore. Intussen het Gerrit by die na-uurse afdeling van die Potchefstroomse Universiteit vir CHO ingeskryf vir B Comm. Hy verwerf sy graad in 1972 en word intussen assisent vir die
maatskappysekretaris van Union Steel Corporation.
In 1974 verhuis die gesin na Tzaneen waar Gerrit die pos as maatskappy sekretaris by Sapekoe aanvaar. Sapekoe was ‘n maatskappy wat tee en koffie in die hoë reënvalgebiede van Suid-Afrika verbou het.
In 1997 adverteer die Nasionale Departement van Gesondheid ‘n pos vir ‘n hoofdirekteur van finansies. Gerrit kry die pos en aanvaar in 1998 diens in Pretoria. Hy word gou bevorder tot Hoof finansiële beampte van die Departement en hou die pos tot sy aftrede in 2008.
"My belangstellings word gedryf deur my nuuskierigheid maar ook deur my waardering van mense en hulle aktiwiteite. Dus ek moet weet wat om my in my land aangaan, wat in die wye wêreld aangaan met spesifieke verwysing na wat die effek van politieke en ekonomiese verwikkelinge sal wees. Nog ‘n belangstelling is om te reis. Nuwe ervarings in ander lande en besoeke aan interessante plekke gee my groot plesier.
Ek lees graag vandat ek kan onthou. Genealogie as ‘n stokperdjie gee my groot genot aangesien ek so baie inligting van my voorsate te wete gekom het."

  • Hits: 3681