National Executive Committee

2016 NUK/NEC

 President van die GGSA
Simon du PlooySimon du PlooySimon du Plooy is op 2 Jan 1951 as derde seun (en een jonger suster) gebore te Bethulie in die Suid-Vrystaat waar sy ouers (Simon Johannes Du Plooy & Maria Cornelia Wiegand) op die familieplaas Brakfontein (tussen die sameloop van die Oranje & Caledonriviere geboer het. Hy ontvang sy skoolopleiding aan die Hoërskool Pellissier op Bethulie, daarna weermag en vanaf 1971-1976 ingeskryf vir ‘n B.Sc graad in Bourekenkunde aan die UOVS in Bloemfontein. Hy was egter nooit in ‘n profesionele Bourekenaarspraktyk werksaam nie maar het die meer praktiese rigting verkies en reeds as student by ‘n boukontrakteur begin werk. Op universiteit ontmoet hy sy latere eggenoot Chrisda Barnard en tussen klasdraf, werk en kuier was daar ook nog tyd vir ontspanning en in 1974-75 draf vir hy vir Kovsies se eerste rugbyspan uit. In 1977 het hy na Potchefstroom verhuis en stig in 1988 saam met ‘n vriend ‘n konstruksiemaatskappy wat tot 2012 aktief was. Na die onteiening van die plaas vir die Gariepdamskema het sy pa, ook Simon (1911-1982), ‘n register van die eerste eienaar, Simon Johannes du Plooy (1805-1885) se nageslag saamgestel. Dit het sy belangstelling geprikkel en in 1983 sluit hy by GGSA aan. Sy ma was ‘n kleindogter van ‘n Duitse immigrant Heinrich Wiegand (1839-1901) en sy eerste werk was ‘n publikasie oor die Wiegand-familie wat in 1987 verskyn het. Tans werk hy saam met sy vangenoot Andre du Plooy op die Du Plooy familie en fokus op die hele nageslag van Simon Pieters Plooijer x Catharina Koopman hoewel die ander du Plooy familie (Cornelis nageslag) se data ook aangeteken word – met erkening aan Herman du Plooy wat ‘n stewige basis daargestel het.
Die koms van internet se gevolg was dat hy op die gesprekforum Genforum (later SAGenealogie & Buitenposten) die GGSA takke Wes-Gauteng- en Vaaldriehoek se byeenkoms-uitnodigings gesien en ook bygewoon het. Met hulp van die plaaslike tak van die Stigting Simon van der Stel (deesdae die Erfenisstigting) was hy in 2004 betrokke by die stigting van ‘n genealogie tak vir die Westransvaalse platteland, paslik genoem GGSA Noordwes. Chrisda sluit na hulle troue in 1978 by hom aan in Potchefstroom en hulle het twee kinders: Simon getroud met Mahrne Grové en Daniella getroud met Cornel van Heerden.

 

Visie-President
Frederik Jacobus (of te wel Ferdie) van Wyk geb 3 Julie 1942 in Pretoria en gedoop op 26 Aug 1942 in die Gereformeerde Kerk Innesdal, dieselfde kerk waar sy ma en pa in 1940 getroud is. Hy is getroud met Ina Susara du Plessis Ferdie van WykFerdie van Wykgeb 6 Nov 1943 in Auckland Park, Johannesburg. Die troudatum is 9 Julie 1966 in die Gereformeerde Kerk Kaapstad. Ferdie en Ina het twee dogters en ‘n seun Miems, Dolf en Ilonka. Hy het sy laerskooldae in Beaufort-Wes deurgebring en daarna aan die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg einde 1960 matrikuleer. Hy het aan die Militêre Akademie op Saldanha studeer en gradueer in Nov 1964. Ina het as verpleegsuster kwalifiseer by die Groote Schuur Hospitaal en later haar B.Cur aan Unisa voltooi. Kort na die huwelik het hul vertrek na Walvisbaai waar hy aan 2SAI Bataljongroep verbonde was. Daarna Potchefstroom toe, Pretoria toe en weer Potchefstroom toe. Hy was van Jan 1976 tot Des 1979 bevelvoerder van 14 Veld-regiment op Potchefstroom. Daarna is hy na die Leërhoofkwartier verplaas en het gevorder tot die rang van Brigadier. Daarna het hy hom in die rekenaar wêreld begeef. Eers hard probeer om 'n rekenaar besigheid aa die lewe te hou en daarna weer vir 'n baas gewerk waar hy met herwinning van data van rekenaar hardeskywe betrokke was en op 70 jarige ouderdom ophou werk. Gedurende 2005 het Daan Hamman hom in die genealogie wêreld ingetrek. Hy het wyd nacorsing oor die nasate van a1b1c7d3e1f1 Stephanus Johannes VAN WYK * ± 1777 van die Tarka.Hy doen sy navorsing deur die ou familiplase op te soek en die einaars uit te vra oor die geskiedenis van die plaas. So het hy die plaas Vanwykskraal in die distrik van Tarkastad kon opspoor Hy bedryf die Webblad van die GGSA. na en is tans besig met intensiewe navorsing oor Die Van Wyks van Rehoboth in Namibië. Hy kon daarin slaag om hierdie van Wyk's na te speur tot by stamvader a2, Willem van Wijk.

Secretary
Robyn TempletonRobyn Templeton was born on 12 June 1969 at Blyvoorruitzicht Mine Hospital in Carletonville, the eldest daughter of Morton Charnley Howarth and Margot Louise Dowling. I matriculated at Carleton Jones High School in Carletonville in 1987. I have been working in the gold mining industry for the past 27 years - since the discovery of gold on the Witwatersrand in the late 1880s, every generation of my family has been employed by the mining industry! I am employed by one of the largest gold mining companies in the country and have extensive experience in the Payroll and Human Resources Department. John and I were married in June 1997.
I started my Family History research in 2008, with very little information and I have now have a substantial family tree! In my spare time, when work and genealogy allow, I enjoy cross-stitch embroidery and knitting.

 Tesourier
Barend Jacobus (Banie) Engelbrecht, is gebore op 27 Mei 1954 in 1 Militêre Hospitaal, Voortrekkerhoogte (Thaba Tshwane). Hy bring sy skooldae in Bloemfontein deur en matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal Banie Engelbrechteinde 1971. Hy studeer aan die Banie EngelbrechtMilitêre Akademie (Fakulteit Krygskunde van Universiteit Stellenbosch) op Saldanha en gradueer in November 1975. Hy tree op 10 Desember 1977 in die huwelik met Rouvé Breedt, gebore 8 Desember 1956 in Heidelberg, Transvaal. Sy is die dogter van Jacobus van den Berg Breedt (dosent en dekaan by die Militêre Akademie) en Edith Carmen Smith. Hulle het een seun, Barend Jacobus. Rouvé het as onderwyseres gekwalifiseer; haar eerste pos was as spraak-en-drama-onderwyseres by Sweet Valley Primary in Tokai. Haar eintlike roeping begin toe sy as joernalis by die Weslander in Vredenburg begin werk, waarna sy suksesvol by verskeie ander koerante, eers in Kaapstad en daarna in Gauteng, haar passie as joernalis voortgesit het.Banie served as an instructor at the Military Academy, Saldanha. He accepted a post as Internal Auditor at Old Mutual followed by an appointment as Admin Manager in Pretoria. During this time he completed his Hons B Com degree at Unisa. He returned to the military in 1983 and served as an instructor in financial management and was promoted to various financial appointments in the SA Army, attaining the rank of colonel. He also had the privilege to serve under both Ferdie van Wyk and Daan Hamman from 1988 to 1993. After demilitarisation in 1998 he continued to serve in the Department of Defence. Banie furthered his education by enrolling for an M.Com degree in Financial Management at the University of Pretoria, which he obtained in 2008. He retired in 2014 in the post of Chief Director Budget Management. This was followed by a one year contract with the Department of Military Veterans where he served as the Chief Financial Officer.My belangstelling in genealogie kom ʼn lang pad, maar krediet gaan aan my skoonpa toe ek en Rouvé hom gehelp het met sy navorsing oor die Breedts. My verkiesing as nasionale tesourier van die GGSA is ʼn besondere voorreg. Akkuraatheid in familienavorsing is nie onderhandelbaar nie en so glo ek ook dat dieselfde van toepassing moet wees op die finansies van die GGSA.

 Bykomende Lid

Gerrit MullerFrancois Gerrit Muller was born on October 15 1943 in Bloemfontein. His parents were John Alfred Muller and Christina Johanna Sofia Naude. Gerrit, was their first child. In 1961 Gerrit passed matric andGerrit Muller was called up for extended military service. After military service he started work as an apprentice technician in the telecommunications engineering department of the Post Office in Bloemfontein. In 1963 Gerrit moved to Pretoria and began training at the Pretoria Technical College and qualified in 1965 as a communications technician. He met Hettie Wandrag in 1963 and got married 1967. Gerrit accepted a post at African Cables in Vereeniging in 1968. Here three children were born, two sons and a daughter. Meanwhile, Gerrit furthered his education by enrolling for a B.Com Degree as an afterhours student at the Potchefstroom University. He obtained his degree in 1972 and became assistant to the company secretary of Union Steel Corporation. In 1974 the family moved to Tzaneen where Gerrit accepted position as company secretary at Sapekoe. Sapekoe was a company that has grown tea and coffee in the high rainfall areas of South Africa. In 1997, the National Department of Health advertised a position for a chief director of finance. Gerrit applied and got the job and started working in 1998 in Pretoria. He was soon promoted to Chief Financial Officer of the Department and held the post until his retirement in 2008. “My interests are driven by my curiosity but also my appreciation of people and their activities.
So I need to know what is going on in my country as well as in the wide world with particular reference to the effect of political and economic developments. Another interest is to travel. New experiences in other countries and visits to interesting places gives me great pleasure. I like reading since I can remember. Genealogy as a hobby gives me great pleasure since it gives me insight into the family history at a particular point in time."

Additional Member
Margaret GundryMargaret Gundry was born on Christmas Eve 1943 in the Booth Memorial Hospital, Cape Town. It cost my father ₤10:9:6! I attended Rustenburg Girls School in Rondebosch from Std 1 to matric, travelling through Margaret Gundryfrom Fish Hoek every day by train. I then qualified as a Radiographer at Groote Schuur Hospital. After I married George in 1965 (celebrated 50 years last year) we moved to the Transvaal and I left the medical world and joined a bank, then a construction company ending up as Accountant. I am now retired but work once or twice a week at the local Rotary Humanitarian centre where we sort books for schools.
My father was an amateur historian before the days of the Internet and after he died I inherited all his family documents and photographs – a real gold mine of information. My mother-in-law gave me all her papers too so I had a flying start when it came to sorting out the family history which I have worked on for the past 30 years.
On my mother's side I have Dutch (Blomkamp) and English (Stevens) ancestry while my father's family came from Lincoln (Fullalove) and St Helena (Wright). Quite a mixture.
I have travelled quite extensively but have packed away my passport as it is now far too expensive. Instead I make a point of learning something new whenever I travel locally. I love reading and have quite a large collection of South African books. Being an “old lady” I also enjoy knitting, crocheting and embroidery!
At home I have my own study and Genealogy and Family History is what I work on every day.

 

 

  • Hits: 11165

Gerrit Muller

Francois Gerrit Muller is op 15 Oktober 1943 in Bloemfontein gebore. Sy ouers was Alfred John Muller en Christina Sofia Johanna Naude. Gerrit, so word hy Gerritgenoem, was hulle eersteling.
In 1961 slaag Gerrit matriek en word opgeroep vir verlengde militere opleiding.
Hierna het hy begin werk as ‘n leerling telekommunikasie tegnikus in die tegniese afdeling van die Poskantoor in Bloemfontein. In 1963 verhuis Gerrit na Pretoria en begin die tegnikuskursus by die Pretoriase Tegniese Kollege en kwalifiseer in 1965 as tegnikus in kommunikasie. Hy ontmoet vir Hettie Wandrag in 1963 en hulle is in 1967 getroud
Gerrit aanvaar ‘n pos by African Cables in Vereeniging in 1968. Hier brei die gesin uit: drie kinders, twee seuns en ‘n dogter, word gebore. Intussen het Gerrit by die na-uurse afdeling van die Potchefstroomse Universiteit vir CHO ingeskryf vir B Comm. Hy verwerf sy graad in 1972 en word intussen assisent vir die
maatskappysekretaris van Union Steel Corporation.
In 1974 verhuis die gesin na Tzaneen waar Gerrit die pos as maatskappy sekretaris by Sapekoe aanvaar. Sapekoe was ‘n maatskappy wat tee en koffie in die hoë reënvalgebiede van Suid-Afrika verbou het.
In 1997 adverteer die Nasionale Departement van Gesondheid ‘n pos vir ‘n hoofdirekteur van finansies. Gerrit kry die pos en aanvaar in 1998 diens in Pretoria. Hy word gou bevorder tot Hoof finansiële beampte van die Departement en hou die pos tot sy aftrede in 2008.
"My belangstellings word gedryf deur my nuuskierigheid maar ook deur my waardering van mense en hulle aktiwiteite. Dus ek moet weet wat om my in my land aangaan, wat in die wye wêreld aangaan met spesifieke verwysing na wat die effek van politieke en ekonomiese verwikkelinge sal wees. Nog ‘n belangstelling is om te reis. Nuwe ervarings in ander lande en besoeke aan interessante plekke gee my groot plesier.
Ek lees graag vandat ek kan onthou. Genealogie as ‘n stokperdjie gee my groot genot aangesien ek so baie inligting van my voorsate te wete gekom het."

  • Hits: 3681

Johan Pottas

JohanPJohan Jacob POTTAS is gebore in die Elizabeth Heim, Windhoek, Namibië op 13 April 1961, een van 5 kinders van wyle Johan Jacob POTTAS (Skerf) en Elizabeth Mathilde POTGIETER (Lilli) van Windhoek. Hy is een van vier oorlewende kinders en die enigste oorlewende seun, ‘n ouer broer is as baba oorlede. Hy gaan skool in die Laerskool Eros, Windhoek en in die Hoërskool Windhoek. Is hoofseun op laerskool en leerlingraadslid op hoërskool, verwerf SWAAIKS kleure in atletiek, gimnastiek. Speel hokkie vir skool se eerste span.
Na skool doen hy diensplig. Hy studeer aan die Universiteit van Vrystaat behaal B Com en B Com(Hons) (Kapitale investering. Artikel vir 2 jaar as ouditeursklerk, werk as professionele fotograaf vir 2 jaar, werk by Pick n Pay as bederfbare voedselbestuurder vir 8 jaar en die laaste 26 jaar vir die Universiteit van die Vrystaat in verskeie hoedanighede, tans (2014) as sekuriteitsbeampte vir die PeopleSoft rekenaarstelsel.
Hy is getroud in die KOVSIE NGK, Bloemfontein op 21 September 1985 met Eureka Dannhauser SMITh gebore in die verplegingskliniek op Edenburg, Vrystaat op 26 Februarie 1961, dogter van wyle Gert Hendrik Dannhauser SMITH en Maria Elizabeth BOTHA (Mary). Sy het groot geword op Trompsburg, Vrystaat, studeer aan die Universiteit van die Vrystaat.
My belangstelling in genealogie kom al ‘n baie lang pad, as kind was ek die een wat gedurig die familie stories oor en oor wou hoor. Dit het na skool ‘n stokperdjie geword om op skoue die stalletjie met familie wapens onderstebo te loop, want hulle kon nooit my vrae antwoord oor die van POTTAS nie! Ek het elke keer gesê ek sal slegs betaal as hulle my iets oor die van kon vertel. Maar ernstige belangstelling het so in 2001 begin, toe ek besef het, die geslag voor my is besig om almal uit te sterf en met hulle saam al die wonderlike stories en inligting. Teen 2003 het ek die POTTAS lyn uitgesorteer gehad en toe het my moeilikheid met my ander voorsate begin. Die een het tot volgende gelei en vandag doen ek aktief navorsing op meer as 80 verskillende vanne in hul geheel.

  • Hits: 6704

Judi Meyer

Judith Susanna Hendrika Meyer (Marais) is as enigste dogter van Pieter Frederick Ernst Marais en Judith Susanna Hendrika Marnewick op 26 April 1951 in JohannesburgJudim gebore. Die 5de naamdraer van die name.
Op 12 jarige ouderdom trek ons as gesin na Randfontein aan die Wesrand waar ek my skoolloopbaan aan Hoërskool
Riebeeck voltooi in 1968.
Daarna was ek op die destydse Potchefstroomse Onderwys Kollege as baie trotse Poot in dieselfde koshuis as my eks onnie en geliefde vriend oorlede Dr. Connie Mulder, Ratau (Lêplek van die Leeu).
In 1971 trou ek met Johannes Petrus Meyer (Jan) wat ek in Potch ontmoet het, toe ‘n B.Com student aan die PU vir CHO, word en vandag na 43
jaar is ons steeds gelukkig getroud met 3 kinders, 2 seuns en 1 dogter en 8 wonderlike kleinkinders.
My belangstelling in Genealogie het in 1985 in aanvang geneem net na my vader se dood. Jan se neef, At Coetzee, ‘n Meyer nasaat van Rietfontein, die eens pragplaas van die Meyers in Bloemhof maar nou die Bloemhof dam, het ‘n nuusbrief uitgegee oor hul Meyer lyn, Johan Georg Meyer vanaf Bebleheim in Frankryk. At het die lyn
teruggewerk tot in die 1400's.
Soos almal van ons maar doen sluit ek toe per pos met ‘n tjek by die Wesrand tak aan en ontvang ‘n blou kaartjie en ‘n kwartaallikse Familia.
Daar het ek gebly en toe eGGSA 10 jaar gelede die lig sien, was al my kinders uit die huis en het ek meer tyd aan my stokperdjie gewy – tot die eerste kleinkind in 1994 die lewenslig aanskou en ek voltyds ouma geword het. Die liggies van my lewe.
Tog het ek betrokke gebly en later by Genesis as redakteur op die bestuur gekom en nou by die NUK as sekretaresse.
My grootste liefdes is my gesin en behalwe vir die groot hartseer van een kind in die fleur van haar lewe af te gegee het a.g.v. ‘n motor ongeluk het my Vader my nog altyd net geseën.
My Godsdiens is my grootste Anker.

  • Hits: 4232

Dennis Henry Pretorius

dennis pretoriusHe was born on 6 Dec 1947 in Bloemfontein as the third child of John Henry and Sarah Helen le Pierre Boshoff.
He attended Grey College, in  Bloemfontein until 1961 when he became a Transvaler and attended Florida High School up to 1963. After school he worked at the SAR and H whilst studying part time at the University of South Africa.
During these years he met Minnie Pretorius, then a student teacher at the Goudstad College of Education. They married in 1969 in Dundee, Minnie's hometown, and two daughters and a son were born from this marriage.
He served 17 years in the management of Krugersdorp Publicity - later Mogale Tourism and is currently Director of Mogale Tourism.
Since 1991 he is a member of Krugersdorp Rotary Club and in 1993 became President of the Club. He is currently the Treasurer of Rotary Krugersdorp.
He is a keen researcher of family history since 1998 and founding member and chairman of the Wes Gauteng Branch of the Genealogical Society of South Africa. He has been a member of the National Council of the Genealogical Society of SA for several years
Dennis's passion is to help adopted children find their biological parents.

  • Hits: 13385