Vols. 1-53
Saamgestel deur:   M.H.C. du Preez : Pretoria - 18.1. 2017

DIE GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

In die jaar 1939 het 'n klompie Suid-Afrikaanse genealoë onder leiding van prof. S.P. Engelbrecht die eerste Suid-Afrikaanse Genealogiese Vereniging gestig. Aangesien die vereniging nie in staat was om 'n eie tydskrif uit te gee nie, is ruimte in Historiese Studies vir genealogiese artikels beskikbaar gestel. Die heer Hoge het veral heelwat artikels bygedra. Ongelukkig het die vereniging weens 'n gebrek aan belangstelling en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, doodgeloop.
Die tweede poging is in die jaar 1964 in Wes-Kaapland op die historiese plaas Joostenberg naby Stellenbosch, eiendom van mnr. P.A. Myburg aangewend. Daar is besluit om 'n genootskap in die lewe te roep, wat toe ook op 17 Junie 1964 op 'n vergadering in Kaapstad plaagsgevind het. Die eerste bestuur van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika het bestaan uit: ds H.C. Hopkins (voorsitter); mnr I. Mitford-Barberton (ondervoorsitter); dr. J.A. Heese (sekretaris); mnr. P.A. Myburg (tesourier) en dr. C. Pama (redakteur).
Binne tien jaar het die ledetal tot meer as driehonderd aangegroei. Die vernaamste prestasie van die genootskap is sy lyfblad Familia, wat sedert 1964, elke kwartaal verskyn.

Die inhoud van al die Familia uitgawes vanaf 1964 tot 1999 is tans op CD beskikbaar. Ook vorige uitgawes van Familia is beskikbaar. Beide items kan by die Genootskap bestel word.

Klik Hier om die volledige indeks te besigtig