Voortrkker Collage jpg formaat

Tydens die Mei byeenkoms van die GGSA N-Tvl Tak is daar tyd ingeruim om lede van die Rietvlei Voortrekkerkommando touwys te maak met familienavorsing. Sunelle Bruwer van die Voortrekkers het 'n leidende rol gespeel om die lede van dié Kommando en die N-Tvl Tak by mekaar uit te bring. ʼn Wye reeks onderwerpe is kortliks bespreek en daarna is hulle na die biblioteek by die Erfenisstigting geneem. Hier het hulle kennis gemaak met die bronne wat gebruik word vir genealogiese navorsing en hoe die rekenaar as hulpmiddel ingespan kan word. Die gebruik van die SAG en SAF Volumes is gedemonstreer asook verskeie ander familieregisters is aan die jongelinge beskikbaar gestel By die Tak se byeenkoms op 4 Augustus het twee van die Voortrekkers kom vertel hoe hulle weggeval het met familienavorsing. Christo Louw en Nel Nieuwoudt het hul ervarings tydens hul navorsing met die lede van die van die Tak gedeel. Luister na die klanksnitte van Christo en Nel deur op die skakels hieronder te klik. Regsklik op die skael en kies "Open in a new Window.'

  Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)

 

  Aflaai skakel -> (regs kliek "save as" om af te laai)