fields
Gallery »  S-Surnames---Vanne-S » STADEN-VAN-Surnames-Vanne »

STADEN-VAN-Mara-Emmerentia-Adriana-Nn-Mara-née-Botha-1901-1991-F

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: P. van Staden 19 Jul 2021_308 Mara Emmerentia Adriana Nn Mara nee Botha VAN STADEN b.1901 d.1991. Getroud 6 Jul 1920 – Potgietersrus. Anne-Marie van der Walt - Gits ek onthou hulle nog so goed. Dierbare mense gewees. Diederik Müller - Hoe gaan dit met Emma? M.P. van Staden/Diederik Müller - Gaan goed met haar. Annelize Van Biljon Smit - Wie onthou oom Cobie en tannie Maggie du Toit. Het destyds Ellisras Bou en Hardeware gehad. Hul dogter Christine was ook ʼn onderwyseres. Sy was getroud met Gert van Biljon. Ek en my oorlede broer was saam met haar in motorongeluk waarin sy gesterf het. Riana Van der Merwe - Annelize, ons onthou dit só goed. Christine was 'n pragtige mens en haar dood het die dorp se mense aan die hart gegryp. Marius Keet - Oom Tienie en Tant Mara was ons bure. As kind altyd aan oom Tienie se lippe gehang. Wonderlike mense. Baie saam radio geluister op hul stoepie. Was die plaas se naam nie Melboskraal nie? M.P. van Staden/Marius Keet. Hi Maruis - Net so. Hulle en jou pa hulle (Frans en Martie) was nie net Bure nie. Maar goeie vriende. Onthou jou ouers nog so goed. Wonderlike mense. Asook baie staaltjies en poetse wat hulle saam beplan het. Waaroor ek nou nog lag. Riana Van der Merwe - Dankie vir die plasing, MP! Marius Keet - Goeie ou dae MP. Die 2 ou manne was nogal stout gewees. Ek onthou as die 2 oues by ons kom kuier dan speel Tant Mara Prys die Heer op ons klavier maar net daarna vertel sy eers so grappie wat die kinders nie mag hoor nie en dan speel sy Prys die Heer se 2e versie!!! En die 2 ou manne vat so enetjie vir die pad!! Pragtige mense. Verlang baie na daai goeie ou dae!!! Pit Pit - Hallo maruis..gaan dit goed..pit smit. Marius Keet - Hi Pit. Gaan goed dankie, so 3 weke terug my beurt met Covid gehad maar deur die genade baie lig gehad. Verder als nog goed. Sal binnekort weer so kuiertjie vir die Pta speelgroepie reel. Pit Pit - DANKBAAR JY DAAR DEUR..STERKTE..pas julle op

  • 1 images