fields
Gallery »  P-Surnames---Vanne-P » PREEZ-DU-Surnames-Vanne »

PREEZ-DU-Matthys-Hendrik-Christiaan-Nn-Thys-1936-2022-M

2006 Thys du Preez

Op 20 Aug 1936 is ek deur ‘n vroedvrou tante op die plaas Krommerivier, naby Eendekuil, Piketberg, gevang as 2de oudste kind van my ouers. My pa was ‘n onderwyser en het self heelwat boeke besit in ‘n tyd toe mens ‘n tiekie (2,5c) moes betaal om ‘n boek uit die destydse subskripsie biblioteke te kon leen. ‘n Boek uit sy versameling, “CG Botha: Die Kaapse Hugenote” het inligting oor die Du Preez-stamvader bevat wat my geinteresseer het, veral na ek my ouma Lenie Visser talle klere geslagte gehoor uitlê het teenoor my ma wanneer ons haar besoek het. Dit en ook die strokiesverhaal, Die Skim, wat kamtig sy voorgeslagte oor 400 jaar geken het, het almal bygedra tot my belangstelling in die genealogie. En dit alles het daartoe gelei dat ek in Mrt 1969 in Kaapstad by die GGSA aangesluit het — 5 jaar na stigting.

Voor aansluiting het ek eers net vergaderings bygewoon, want ek was die enigste jongmens tussen ‘n klomp swaargewigte: Dr. J A HEESE snr. | Dr. en C PAMA met wie ek persoonlik gekommunikeer het en ander soos Dr. Con DE VILLIERS en prof. André HUGO (wat Familia sy naam gegee het). Dr. HEESE was destyds NGK Argivaris waar ek dikwels navorsing gedoen het. Meeste van my navorsing was in kerk- en staatsargiewe rekords waar ek so 30 jaar lank Du Preez’s gesoek het. My kennis van internet genealogiese databasisse is swak. Ek het al erg foutiewe inligting oor my ma se familie in FamilySearch gevind. Hoekom mense inligting insit waaroor hul onseker is, begryp ek nie.

Dan was ek op ons plaaslike N-Tvl-tak se bestuur in ‘n opwindende tyd en ook die nasionale bestuur as redakteur van Familia vir 9 jaar tot einde 2007. Die virtuele tak is in 2004 gestig met Colin PRETORIUS in Australië as voorsitter van die eGGSA en dit was my taak om die eerste e-Familia’s te vervaardig en aan Colin te verskaf. Die tegnologie het so in ons guns beweeg dat ek en ander op die bestuur besluit het ons moet produkte produseer en verkoop en ek het begin om foto’s van skrywers en ander lede wat presteer het in Familia te plaas. Ons het Danie VILJOEN gevra om 5-jaar geakkumuleerde Familia’s in te skandeer op CD toe die tegnologie beskikbaar gekom het. Afgesien dat genealogie soos legkaart voltooing mens aangryp, is die vriende maak ‘n ander faktor vir my as een wat in mense belangstel. Ek help feitlik elke week nog Du Preez’s met gratis inligting en vul my databasis aan met nuwe inligting wat ek van familie bekom met erkenning aan hulle as my bron, maar ek doen geen navorsing meer self nie. Op my ouderdom is mens se kop te onbetroubaar met talle name en datums.

Thys is lid van die Noord-Transvaal tak.

Source(s):

(1) AltaG WhatsApp Image 2020-12-06_GGSA NUK Groep_1

(2) Article by Alta Griffiths_2020-12 NuusFlits_08 FINAL - Genote alleen

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

The link to the funeral is https://m.youtube.com/watch?v=5L4SlITZx2A&feature=youtu.be

  • 17 images