fields
Gallery »  P-Surnames---Vanne-P » POTGIETER-Surnames-Vanne »

POTGIETER-Ewart-Frederick-Nn-Ewart-1932-1997-M

https://www.facebook.com/photo/?fbid=3425729557716798&set=gm.10160044055362902&idorvanity=7627302901

Frikkie Britz 10 Oct 2022

Ewart Potgieter

Dit klink miskien moeilik om te glo, maar Suid-Afrika het eens 'n swaargewig gehad wat groter was as Nikolay Valuev, die grootste kampioen in die boksgeskiedenis.

Valuev, soos die meeste boks volgelinge weet, is 'n Rus en tot onlangs nog die WBA-kampioen in die swaargewig afdeling. Hy is 2,13 m (7 voet) lank en weeg 143,3 kg (316 pond) toe hy sy titel aan David Haye verloor.

Ewart Potgieter was 2,18 m lank en het ongeveer 150 kg geweeg.

Potgieter was die seun van 'n veeboer in Vryheid in die destydse Natal. Hy het 'n oornag sensasie geword toe hy in 1954 sy professionele debuut gemaak het.

Sy eerste geveg was op 30 Julie daardie jaar op Hoy Park in Durban, was teen 'n Transvaalse swaargewig, Fred McCoy, wat binne 30 sekondes uit die ring geslaan is.

Die 4,000 toeskouers en ander waarnemers was beïndruk. Hulle het gevoel dat hy in die paar sekondes nie lomp en ongemaklik gelyk het soos 'n mens van sy grootte sou verwag nie.

Destyds was Johnny Arthur, die swaargewig-brons medaljewenner van 1948, die SA kampioen in swaargewig, maar Potgieter het opslae gemaak; meer as enige ander SA swaargewig sedert die opkoms van Johnny Ralph.

* So stukkie verlore geskiedenis.

- As kind het ek in Vryheid groot geword, ons was altyd bang as Ewart aangestap gekom het en het vinnig oor die pad geloop. Tog later het ons agter gekom wat n sagmoedige reus hy was.

  • 7 images