fields
Gallery »  P-Surnames---Vanne-P » PLESSIS-DU-Surnames-Vanne »

PLESSIS-DU-W-A-0000-1998-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: June Plekenpol Van Wyk 15 Jul 2021_6 – W.A. DU PLESSIS b.0000 d.1998. Substasie ontploffing op di myn. Riaan De Bruin - Ou wa. Corlika du Plessis - Dit was n verskriklike ongeluk, sjoe. Riaan De Bruin - Yes erg al hoe hom kon uitken was an sy selfoon se attenna. Hyt erge brandwonde op gedoen met warm olie. Petrerus Johannes De Bruin - Sal hom nooit vergeet nie. Ronelle Vos Oosthuizen - Sjoe, sy ma was so stukkend gewees. Hoe gaan dit nou met hulle? Is hulle nog in Ellisras? Nelanie van Schalkwyk/Ronelle Vos Oosthuizen ek ook gewonder. Vanessa Hildebrandt/Ronelle Vos Oosthuizen hulle is nog al die tyd in Ellisras! Dink oom Willie maak Des klaar by myn! Denise Hildebrandt/Vanessa Hildebrandt Pieterse oom Willie is klaar by die myn. Hy nou pensionaris en boer... Ronelle Vos Oosthuizen/Denise Hildebrandt Hoe gaan dit met hom en tannie Mita? Denise Hildebrandt/Ronelle Vos Oosthuizen gaan baie goed. Tannie Mita lyk nog net soos sy gelyk het.... oom Willie het eintlik jare terug al afgetree maar die myn het sy "kennis" vir baie jare nog nodig gehad ...nou eers afgetree. Ronelle Vos Oosthuizen/Denise Hildebrandt Ek was van kleintyd af baie lief vir haar gewees. Dit was altyd lekker om haar jare later nog steeds gereeld in die dorp raak te loop. June Plekenpol-van Wyk/Vanessa Hildebrandt Pieterse Willie het Des 2020 klaar gemaak. Ek sien Mita nog af en toe by di winkels. Dan kuier ons. Sandra Geyser - Goed om te hoor hul lewe nog! Leon Lourens - Was my beste pel! Ons was onafskeidbaar! Rus in vrede my vriend! Jy was vir my soos n broer! Elizabeth Kohler - Ag ou WA, ons harte was baie seer en jou Ma ( Tannie Mitha) was stukkend! Elschane Boshoff Bothma - My boetie Pieter was die aand daar. Dit was n groot skok vir hom en bly nog altyd met hom. Helen Gerber - Sal hom nooit vergeet. George En Aliza Ellis - Ai ou WA hoe kan ons jou ooit vergeet xx. Hesti Grobler - Was baie hartseer. Deonet Kloppers Pieterse/Janet Heyneke mamma onthou DT ng altyd. Rinette Viljoen - Ek het net daar begin werk. Was baie erg vir almal. Nic Mariette Vd Merwe - Was ‘n groot vriend van my. Karin Groenewald Nou Heymans - My man, Jan Heymans (Jan Painter), was 1 van die wat 1stes op die toneel was en vertel altyd met groot heimwee van die jongman se tragiese fratsongeluk. Petrerus Johannes De Bruin - Ek onthou hom net voor dit het ons in die plant gesels en rook toe hul hom op radio roep om dit reg te gaan maak sal dit nooit vergeet nie ek het elke Jaar daai dag n ruiker daar gaan sit. Benita Bosman - Hulle het op die hoek naby ons gebly. Ek onthou dat tannie Mitha vir lank daarna nog ‘n kersie by ‘n foto van hom gebrand het. Sy het lank daarna gepraat asof hy nog gelewe het. Dit het geklink of sy by hom gaan kuier as sy na sy graf toe gegaan het. Sy het hom so liefgehad! My hart het uitgegaan na haar. Annamaré Visser/Benita Bosman ek onthou dit ook baie goed.

  • 1 images