fields
Gallery »  O-Surnames---Vanne-O » OBERHOLZER---OBERHÖLZER-Surnames-Vanne »

OBERHOLZER-Maans-1924-1999-M

Geneem vanaf Facebook “Ellisrassers We Will Never Forget”. Erkenning vir die bydrae aan: Elsie Engelbrecht 25 Jul 2021_172 Maans OBERHOLZER gebore 1924 Oorlede 1999. Was 75 jaar. Tanya Beneke - Dink dit was dalk die oom wat oom Piet Kruger my altyd van vertel het. John Richard Liversage - Soos ek die storie via my Pa kan onthou, dink ek dit was glo Kattie Erasmus wat Oom Maans so n poets gebak het by n kommando braai een aand. Soos die storie loop, was Oom Maans glo baie lief vir die vetderm as hy gebraai was. (Ons het mos Boerbokke in die Bosveld geëet). Iemand het glo vooraf die "pipiderm", wat oënskynlik BAIE TAAI EN SENINGRIG IS, binne-in die vetderm op n manier vasgewerk, en toe die Lawaaiwater goed begin trek het, bied van die manne toe glo vir Oom Maans die heerlik krisp gebraaide vetderm aan - sy gunsteling ! Met Oom Maans natuurlik heel onbewus van versteekte gedoente binne-in die versnappering ! Dit was glo n aardige gesig, en tot groot vermaak van die mede braaiers, om te sien hoe n gesukkel dit was om dié vetderm deurgebyt te kry - die vuurwarm derm het hy glo later om sy voorvinger gedraai en met n sterk arm getrek het dat die vetderm soos n snaar gespan was, in n poging om dit afgebyt te kry. Maar verniet. Van die gesukkel was sy gesig glo later blink van die vet - maar deurbyt, aikona ! Toe die waarheid na baie gelag agter die hande uiteindelik uitkom, moes die skuldiges glo bontstaan om die braaivleisvuur - Oom Maans was n sterk man ! Venessa van der Westhuizen/Caryn Prinsloo Oberholzer - wys vir Maans

  • 1 images