fields
Gallery »  F-Surnames---Vanne-F » FERREIRA-Surnames-Vanne »

FERREIRA-Daan-0000-2021-M

  • Geneem vanaf Facebook Ellisrassers we will never forget. Erkenning vir die bydrae aan: Rothea Nel 16 Jul 2021_288 Daan FERREIRA b.0000 d.30/06/2021. Huldeblyk aan Daan Ferreira d.30/06/2021. My hart gaan uit na Belinda, kinders, kleinkinders, familie en vriende met julle groot verlies. Daan was ‘n ware heer met ‘n hart vir mense en vir God. Die wyse van Daan se lewe op aarde en die manier waarop hy ons almal se lewens aangeraak het, sal ek altyd eer en respekteer. Daan laat ‘n groot leemte, hy was ‘n mentor, ‘n vriend, ‘n klankbord, ‘n medegelowige. Hy het met almal van ons aanklank gevind. Hierdie liefhebber van die lewe word geprys vir sy liefde en pligte wat hy as eggenoot, pa en oupa nagekom het. Vir baie mense sal sy passie vir die Weermag, omgee en veral sy nederigheid altyd bybly. Hy was so respekvol dat hy daarop aanspraak kon maak om met respek behandel te word. Jare terug het ons saam Pluimbal gespeel en het Daan ‘n spesiale manier gehad om vriendskappe te bou en steeds te hou. Daan, ek sal ons laaste kuier en lag nooit vergeet nie. Jy en Belinda het al so baie mense se lewens verryk en mooi gemaak. Ek lê jou by Jesus se voete neer Daan, tot ons weer ontmoet... Rus sag my vriend, Rothea. Neels Myburgh - Hy en Ferdie het my boorgat met PE4 oop geskiet
  • Geneem vanaf Facebook Ellisrassers we will never forget. Erkenning vir die bydrae aan: Fransie Riaan Viviers 16 Jul 2021_401 Gedenkdiens van Oom Daan Ferreira b.0000 d.0000. Link vir streaming: https://m.facebook.com/profile.php?id=595378646. Fransie Riaan Viviers 5 Aug 2021_402 Om op KLANKUITSENDING van begrafnisdiens in te skakel, kliek net voor 12:00 op die onderstaande skakel en wag dat uitsending begin.

http://mixlr.com/gerefkerkmagol/

http://mixlr.com/gerefkerkmagol/...

Om op VIDEO-UITSENDING van begrafnisdiens in te skakel, kliek net voor 12:00 op twitch.tv/gkmagol en volg op rekenaar of selfoon. Opnames word by volgende skakel gestoor en kan na uitsending gekyk word: https://1drv.ms/u/s!AtJ48ei2tZE9aFa5s6yB4oJaIzU?e=EsY0Y6

  • 2 images