Zabeth Botha van die argief van die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument het op Saterdag 13 Oktober die lede van die Noord-Transvaaltak aan haar lippe laat hang met haar voorlegging oor die Argief.

As ‘n belangwekkende internasionale navorsinginstituut besit die Argief waardevolle bronne oor verskeie fasette van  die Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis. Die Argief bestaan uit unieke dokumenteversamelings, foto's, argitekstekeninge, kaarte en oudiovisuele materiaal.
Ses Geesteswetenskaplike dissiplines word hier  beoefen - Geskiedenis en Kultuurgeskiedenis,  Erfenisbewaring wat  Argeologie (terreine, geboue, grafte en monumente,) en Museumkunde insluit (hoofsaaklike beweegbare voorwerpe van kultuurhistoriese belang, en die Argief- en Biblioteekwese.
Genealogiese inligting kan gekry word in die Privaatversamelings wat die persoonlike argiefversamelings van bekende en minder bekende persone  wat ‘n bydrae gelewer het tot die kulturele en geskiedkundige aspekte van die Afrikaanssprekende samelewing in:
Die Afrikaners wat na die Anglo-Boereoorlog na Duits-Oos-Afrika verhuis het, ens.
Meeste van hierdie versamelings  bevat ‘n biografie, familiegeskiedenis, foto's, herinneringe  en geslagsregisters.

{artsexylightbox path="images/NTvlFotos/Argief_op_ons_voorstoep" previewWidth="250" previewHeight="25000" thumbnailPath="images/thumb_folder"}{/artsexylightbox}

Navrae kan gerig word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.