tel ek ma sommer twee keer.
Haar nagedagtenis is soos ‘n kombuis waarin ek soms in stilte kan verdwaal en myself marineer met die geure. Dit is dan wanneer die vraagtekens van die lewe soos herfsblare verkleur en saggies loskom om vir vars lentebloeisel-idees plek te maak. Nogtans terwyl ek met ‘n knop in die keel my moeder se ou vergeelde, verweerde, handgeskrewe resepteboekie deurblaai, kry ek die geur van al die lekkernye wat sy met soveel liefde vir ons huisgesin voorberei het.
Ek heg vandag hierdie resep aan die “onthou jy” greep uit my lewe en hoop u probeer dit, dit is waarlik vingerlek lekker!
Moeder – As ek my seninge tel, tel ek ma sommer twee keer.