Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Welkom by die Olifant projek!

Elephant projectBy GGSA se  2009 jaarvergadering is die projek goedgekeur en het ons deur middel van die SAGEN Poslys byna R 30,000 ingesamel vir die fotografering van die meer as 171,000 bladsye van die 1984 kieserslys vanaf Mikrofiche. Die doel van die projek is om die besonderhede aan Lede beskikbaar te maak  - veral om die nooiensvanne van getroude vrouens ook te kan indekseer. Mans dink gewoonlik dat dit moelik is om ‘n vrou te kry (om mee te trou !!) maar dit is nog moeiliker om ‘n vrou te soek as net haar nooiensvan bekend is en nie haar getroude van nie. Die stamregisters is dus veral ten opsigte van die vroulike lyn, nie altyd baie volledig nie.

Die aanvanklike metodiek sou wees om gespesialiseerde toerusting van die GSU/LDS te gebruik maar die toerusting was net toeganklik vir een dag per week en sou dus etlike jare neem om die digitalisering te voltooi. Ander proefnemings met topgehalte “desktopscanners” kon nie die resultate lewer nie vanweë die baie verkleinde beeldjies op die microfiche en die gehalte van die microfiche beeldjies. Na verskeie eksperimente met allerlei toerusting is besluit om ‘n digitale kamera te gebruik en die foto's te neem vanaf ‘n fiche-leser wat deur GSU / LDS aan my beskikbaar gemaak is.

Die aanvanklike fase om die foto's te neem is afgehandel en nou word daar net foto's geneem van microfiche waar die oorspronklike foto's moeilik leesbaar is.

Meer as helfte van die foto's is reeds uitgestuur na lede wat die tikwerk op Excel spreivelle intik en net meer as 26% van die foto's is reeds volledig getranskribeer. Daar is tans net meer as 100 “ingeskrewe” lede wat help tik – elkeen teen sy eie spoed. Ongeveer 50,000 name word maandeliks bygevoeg tot die totaal. 

 Die projekleiers

nec_dennis_pretorius

               

187438_100000551499718_7013025_n

 DENNIS PRETORIUS
Verantwoordelik vir die neem en verspreiding 
van foto's
 
MARTIE DU TOIT
Verantwoordelik vir gehalte beheer

Projek-S

Al die GGSA takke word uitgedaag om 'n letter van die alfabet aan te neem.  eGGSA het die uitdaging aanvaar en die letter S was aan die tak toegeken.  Enige iemand wat enige belangstelling in 'n S van getoon het was gekontak.  En danksy die span is Projek-S op doel om teen Desember voltooi te wees.

Op soek na vrywilligers!!!

As daar enige belangstellendes sou wees wat ons sal wil help met die transkribering van die KSL moet hulle asb vir Dennis Pretorius kontak.

'n Miljoen name getranskribeer GGSAOlifant

Die projek het 'n mylpaal in Oktober 2011 bereik toe die eerste miljoen name getranskribeer was.
 
Projekleier, Dennis Pretorius, het names die span nog 'n olifant ontvang as toekenning van die uitmuntende prestasie by die NUK vergadering in November.
 
Daar is meer as 100 vrywilligers wat aan die projek werk.
 

 

Kieserslys DVD

DIE GGSA 1984 KIESERSLYSPROJEK DVD
DVD 2 met die data van die 1984 Kieserslys is nou beskikbaar. DVD 2 bevat 572 Excel lêers elk met tot 5271 name. (die totale 1984 Kieserslys). Die lêers word in Excel formaat sowel as in Zip formaat op die DVD verpak. Die data is in die volgorde soos dit in die kieserslys mikro-fiche voorkom maar dit is dan ook soekbaar d.m.v. Windows Explorer Soekfunksie. Daar is net minder as 3 miljoen name met geboortedatums, van en volle name, nooiensvan, adres soos deur Binnelandse Sake aangetoon in 1984 en dan ook die beroep van die persoon.
DVD 2 kos R 280,00 plus posgeld binnelands R 35,00 en R 75,00 buitelands. GGSA Takke kan bestellings plaas vir hulle lede en korting van 15% vir hulle takke verdien. Die data kan ook per Dropbox of WeShare gestuur word – tel net R 35 by vir datakoste (ipv R 35 vir posgeld) aangesien die volume nogal groot is – die data word dan in Zip-formaat gestuur.
84 KieserslysBestellings kan geplaas word by orders@genza.org.za Versending kan ook per Dropbox of WeShare gedoen word. R 35,00 word gehef vir data koste: Totaal R315-00. Korting van R 42, 00 per DVD vir GGSA takke wat bestel
Doen inbetalings by: Nedbank. Rekeningnaam: GGSA-GSSA; Killarney Tak Takkode: 191605; Rekeningnommer: 1916051332. Verwysing: KS+Voorletters en Van. [Voorbeeld: KS-MEduToit].
LW: Volledige afleweringsadres asook bewys van betaling moet verskaf met bestelling.

Brokkies/Snippets

GENEALOGIESIMPOSIUM: SATERDAG 12 AUGUSTUS 2017                           GGSA Logo met onderskrif Versag               GGSA Logo met onderskrif Versag

Aangebied deur vier takke: Noord-Transvaal, Vaaldriehoek, Johannesburg en Wes-Gauteng.               
97 ywerige genealoe het die simposium bygewoon. Die sprekers het hulle baie goed van hul taak gekwyt.     
Die onderwerpe was uiteenlopend van aard. Apart from providing well researched family stories intertwined with history a factual  
description of the implications of the amendments to the the Copyright Act provided food  for thought for the attendees. 
An exciting insight into the little known resources of the Police Archives was provided.

 

 

 Margaret Gundry -  Five Women from St Helena -   I have been researching Sarah Riley on Tristan da Cunha and St Helena and again and again in my research I came across the   Margaret Gphrase “In 1827 Captain Amm/Ham brought five ladies from St Helena as wives for the five bachelors on the Island.” It became my mission to work out who these ladies were by working from the baptismal and marriage records and then to try and trace them back to St Helena. I can’t say that I have been really successful so far although I think I have traced Sarah Riley back to a baptism on St Helena.                      

Isabel GIsabel Groesbeek - Die sinergie tussen genealogie en godsdiens (500 jaar na Reformasie.  As genealoog sedert 1988, eers as navorser by Genealogie-Inligting, RGN en later as private navorser, het ek ‘n besondere waardering vir kerkregisters ontwikkel. Vanjaar vier die Protestantse kerke regoor die wêreld 500 jaar Reformasie en met die viering in gedagte het ek gedink dat ek graag oor die sinergie tussen genealogie en godsdiens met u wil gesels.


Charline Wentzel -
Ouma vertel ons bietjie.......   'n Reis deur ou  kiekies om met die kleinkinders te deel hoe interessant en gevarieerd hulle voorgeslagte  se geskiedenis was. Charline WEenvoudige mense tot die met meer aansien, tog is nie een se verhaal minder belangrik nie . Ouma se verhaal het as 'n jong dogtertjie op die plaas tydens die Anglo-Boereoorlog begin. Glashelder kon sy die verskillende gebeure verhaal. Ouma Catharina Magdalena Vorster (x ZA de Beer) het hulle wedervarings opgeteken en aan elkeen van haar kleinkinders n boekie oorhandig. Dit bly n baie kosbare besitting. Daarmee saam het talle foto's behoue gebly.                        

Robert B Robert Bush - Sometimes it is Easy. Researching my maternal grandfather, Jasper Bradley Hall lead me to a very interesting lady Catherine Hall (Wager).  The Wirksworth.Org.UK web site, run by John Palmer provided a one stop research site for the Wirksworth area and I obtained a lot of interesting information on Catherine. ……. and …….. Sometimes it is Not So Easy. The second lady that I discussed was my paternal great-grandmother Emmah Miller (Hannah) 1861 to 1893, Graaff-Reinet, my oldest South African born ancestor.  She is my one of my three brick walls and I have not been able to research her line any further.

 Erna Buber-de Villiers - Formidabele Vroue/ Unsung heroines. Ek bespreek die elf lede van my pa se matriargale lyn in Suid-Afrika vanaf stammoeder  Margaretha Geertjen/Grietje GERRITS Erna B(mtDNA T2b3-C151T)  tot by my my ouma, Johanna Barbara Frederika BUITENDAG. Hul stories strek vanaf 1662 tot 1980, vanaf lewe in e vroeë Caeb en die latere ontberings tydensdie Suid-Afrikaanse Oorlog, tot die omswerwinge van ‘n Spoorwegman se se vrou in die eerste helfte van die 20e eeu.

Neels CNeels CoertseVoorgestelde wysiginge  aan die Outeursregwet - Die voordrag het in hooftrekke oor die wysigingswetontwerp oor outeursregte gegaan. Oa voorgestelde wysigings t.o.v. musiek, videos, literatuur, kunswerk & rekenaarprogrammatuur ens word gedek. Die outeursreg van tabelle hoewel nie die inhoud nie, maar die samestelling is ook bespreek. Die filosofie van wetsopstelling het verander en daar word gesorg vir die minderbevoorregtes

Brig. Hennie Heymans Onderbenutte Genealogiese Polisiebronne. Misdaad is so oud soos die Hennie Hmensdom self. Polisie hou oog oor gemeenskap. Daar is wettige bedrywighede, onwettige bedrywighede of versuime en algemene verdagte optrede. Bronne sluit dinge in soos medaljes - soldaat en polisieman se CV wat hy op sy bors dra, nommer, rang en naam rede vir  toekenning. Die  SAP se magsorders sluit  aspekte in soos sterftes, eervolle vermeldings, toekenning van medaljes, dekorasies en ordes. In ou magsorders is sterftes, attestasie,  bevordering, eervolle vermeldings, sportkampioene, eksamenrade, In die ou polisie argiewe is daar verdagtes se leggers, bekende moordenaars die diamanttak – oudste  aaneenlopende polisie-eenheid. En meer.

 

 Die simposium is opgeneem op video en kan besigtig word by  hierdie skakel: The symposium was recorded and can be viewed at this link.

https://livestream.com/accounts/17162445/events/7631996/player?width=640

  het hierdie fasiliteit beskikbaar gemaak.

3H7B0847 Saal3H7B0860 Margaret3H7B0965 Dave K3H7B1121 Janine en span3H7B1139 Middagete

 

Sluit nou Aan

boertjie drink teeJy kan kies tussen een van 2 opsies sou jy 'n lid van die GGSA wou word:
1) Besluit by watter tak jy graag sou wou aansluit deur die GGSA webtuiste te besoek by http://www.genza.org.za. Op die blad van die tak van jou keuse kies "Kontak ons" en stuur jou voltooide aansoekvorm vir lidmaatskap aan een van die komiteelede.
2) Jy kan ook aansluit via die e-GGSA. Besoek die e_GGSA se webblad: http://www.eggsa.org/sales/eshop_e_dc_membership.htm en volg die instruksies. Die lidmaatskapfooi het drie elemente, te wete lidmaatskap van die GGSA; lidmaatskap van die e-GGSA en opsionele lidmaatskap van een van die landtakke.

Sources

Versameling Grafte 1
Many people pass idly by cemeteries and little graveyards next to the roadside. Very few people realise that on headstones a wealth of information lies to be exploited. Many genealogists will go out of their way to visit graveyards and cemeteries, Information such as birth and  date of death, full names of the deceased and in some cases the name of the spouse can be found. This may lead to a breakthrough in the family researcher's quest. Over the years the members of the GSSA photographed thousands of headstone. These have been uploaded to eGSSA website. 

DNA Research

dna logo Jaco

 There are basically three types of DNA tests: Y-DNA – Y-DNA is passed on from father to son along a direct paternal line and it is therefore possible to track the paternal surname from one generation to the next. For this reason, only men are eligible for this test. mtDNA – All children inherit mtDNA from their mothers and since mtDNA traces generation after generation of one's direct maternal ancestors, both sexes are equally able to determine the origin of their maternal line. Autosomal DNA – this ‘Family Finder’ test literally hundreds of thousands of possible SNPs for precise DNA correlations/matches with others across all of one's genetic lines. This test is therefore also available to both sexes