Vrystaattak

Anglo Boer War Museum Die Vryataatse tak op die stadium seker die kleinste tak. Maar ironies, ons word die GGSA Vrystaat genoem, maar dit is seker ook so met ander takke, die lede is almal van die stad of dorp van waar die tak opereer.
Gee ons net tyd ons gaan nog oor die hele Vrystaat lede werf. Die voordeel van ons tak is dat dit in die hoofstad  Bloemfontein gesetel is. Hier by ons is die Vroue monument van die ABO asook die Vrystaatse Argief. Met altwee die instansies het ons baie goeie verstandhoudings en is daar wedersydse samewerking.
Gewoonlik vergader ons by die Vroue monument museum, maar omdat julle tans veranderings aan die gebou doen vergader ons nou by die Vrystaat Argief.
Ons vergader eike tweede Saterdag van die maand om 14h00 uur. Kennis van die vergadering word in die media aangekondig en verder word elke lid ook per e.pos verwittig.
Die bestuur bestaan tans soos volg:
Voorsitter: Bertie Griesel, Tesourier: Jo Botha, Openbare skakelbeampte: Marianne van Dyk en twee addisionele lede Pat Bauer en Reza Brits.
Om ons te kontak maak asseblief gebruik van die Kontak Ons skakel in die regterhandsegids.