Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Waarskuwing

JUser: :_load: Kan nie gebruiker laai met id: 62

Gebeure Kalender

Dorslandtrek 1874-1881 Nicol Stassen
Saterdag 08 April 2017, 01:30pm - 03:30pm
Treffers : 42
Kontak Rentia Landman at Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 083 306 5492

BESTE PUBLIKASIE!! Die boek Dorslandtrek 1874-1881 word deur GGSA bekroon as ‘n Uitmuntende Genealogie Publikasie. Die trofee sal op 8 April tydens ‘n NTvl-tak byeenkoms aan die outeur, dr Nicol Stassen, oorhandig word. Tydens dié geleentheid sal hy as spreker optree en oor die Dorslandtrek praat. Dit word as ʼn baie spesiale dag op NTvl-tak se kalender beskou en gaste is baie welkom. Vir getalle laat weet asseblief vir Rentia Landman 083 306 5492.
Nicol Stassen doen al meer as ’n dekade lank navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola-Boere. Hy het ’n BA-graad in Tale,’n meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese en ’n doktorsgraad in Geskiedenis. Hy is ook die skrywer van Afrikaners in Angola, 1928–1975 (2009), The Boers in Angola, 1928–1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Ligging Voortrekker Monument
Eeufees Road, Groenkloof,
Pretoria
Gauteng
South Africa
Dit gaan 'n besondere geleentheid wees en besoekers is hartlik welkom. Tee en koffie word bedien.