Northern Transvaal Branch

GGSA Noord-Transvaal Takbiblioteek

Die GGSA NTvltak spog met uitstekende genealogiese bronne wat in die biblioteek van die Erfenisstigting in Pretoria gehuisves word. Die GGSA NTvl en die img 1225Erfenisstigting het in 2006 ‘n ooreenkoms gesluit waarvolgens hulle saamwerk om bronne vir genealogiese navorsing aan navorsers beskikbaar te stel.
Die versameling van die GGSA NTvl sluit in boeke en tydskrifte, in elektroniese en gedrukte formate in, wat handel oor Suid-Afrikaanse sowel as internasionale genealogieë, 1820 Britse Setlaars en die koms van Franse Hugenote, Duitse sendelinge en Hollandse immigrante asook die Anglo-Boereoorlog en Konsentrasiekampe. Daar word veral gepoog om die geslagsregisters en kwartierstate van individuele families te versamel en beskikbaar te stel. Die biblioteek beskik ook oor die SA Geslagregisters en die SA Familieregisters (A-KY) wat deur GISA uitgegee word.
Biografieë, verskeie doop-, huwelik- en lidmateregisters van sowel die NG as die NH Kerke is ook in die biblioteek beskikbaar. Registers van verskeie begraafplase asook die GGSA se Begraafplaasrekordprojek is beskikbaar. Deur middel van die internet is daar ook toegang tot die Nasionale Argief se databasis en ander internasionale bronne.
Hier kan alle familienavorsers aanspraak maak op die hulp van die vrywilligers van die GGSA NTvl wat hulle dienste twee keer per week beskikbaar stel, sowel as die bystand van die voltydse bibliotekarisse van die Erfenisstigting.
Die biblioteek van die Erfenisstigting is in die Erfenissentrum op die terrein van die Voortrekkermonument geleë. Dit is op weeksdae van 08:00 tot 16:00 oop, asook een Saterdag elke maand van 10:00 tot 14:00 wat saamval met die GGSA NTvltak se maandelikse byeenkoms, normaalweg die 2e Saterdag per maand. Die telefoonnommer is 012-325-7885,
Onderwerp Katalogus 3 Maart 2017 Klik hierom die katalogus te besigtig

  • Hits: 2274