Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

Genealogie is ons Saak

Klik op die foto's om te vergroot

image
Japievanniekerk

Ons dien 'n gemeenskap van toegewyde amateur familie navorsers. Niemand wat nog nie begin het met genealogiese navorsing kan

 homself indink in die passie, die vasberadenheid en die groot vreugde wat die genealoog ervaar wanneer 'n deurbraak gemaak word en  'n finale skakel om 'n familie-lyn te voltooi, gekry is nie. Dit is 'n ervaring van 'n leeftyd.
Daarbenewens is dit vir ons meer as net 'n familieregister, dit is 'n familieregister wat aangevul word met die familie-en kulturele geskiedenis van die tyd. Werklike ervarings van familiegroepe, veral in afgeleë gebiede, kan 'n aanduiding van die politieke, godsdienstige en kulturele waardes van daardie tyd wees. Dit kan heeltemal verlore gaan vir latere geslagte, sou dit nie in die familieregister aangeteken was nie.Die voordele van die aansluiting by die GGSA spreek vanself. Jy word deel van 'n familie van enersdenkende navorsers met uitgebreide ondervinding en 'n mens kan wisselwerking met hulle op 'n persoonlike vlak bewerksteliig. Jy weet dat jy kan jou beroep op die hulp van mense wat ondersteunend en akkommoderend is. Jy sal toegang kry tot navorsings-en opvoedkundige hulpbronne en op datum bly met ontwikkelinge in die wêreld van genealogie. Jy kry die geleentheid om op uitstappies na plekke vangenealogiese belang te gaan en te luister na kenners op die gebied van navorsing. Voordele sluit afslag op genealogie boeke, DVD's en CD's in.

Hier is ‘n voorbeeld wat een van die navorsers gedoen het en haar kommentaar daaroor.Op hierdie punt het ek myself teen ‘n muur vasgeloop tydens die navorsing op die CLEMENTSe, ons het nog nie die Stamvader opgespoor nie sal nie bes gee nie. (Dis nie die CLEMENTZ soos in die Groot Afrikaanse Familienaam boek nie), hierdie is Engelse Clements, met o.a. die John James CLEMENTS wat in Middelburg, Kaap gebore was (*1872) en in die Anglo-Boere Oorlog lid was van die Rimington Tigers. Daar is tydens die oorlog 'n V.C. vir dapperheid aan hom toegeken. Ons spoor loop dood by sy ouers wie se name slegs op sy suster se sterfkennis gemeld word, maar glad nie by enige van die nasate voorkom nie (Higgs CLEMENTS x Mary PRETORIUS).

Klik hier om Jeanette se navorsing te besigtig

Die Genealogies genootskap van Suid-Afrika was op 18 Junie 1964 by die histories opstal op die plaas Joostenberg gestig. Sedertdien het die Genootskap groot vooruitgang gemaak en genealogie 

image

is gevestig as 'n dinamiese en groeiende stokperdjie in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Baie lede spandeer ure om hul familie na te vors en die GGSA is 'n trotse ondersteuner van nuweling sowel as ervare navorsers. Die foto links is van die 11 stigterslede van die genoot

Lees Meer or die Stigterslede 

Lede van die GGSA het oor die jare werk van groot genealogiese waarde gelewer. Dit sou 'n onreg wees om slegs sommige van die werke te lys. Maar in baie van ons takbiblioteke kan jy boeke, DVD's en CD's met name soos die Du Toit's, James Mundell en sy nageslag; Die De Beer-Familie Drie Eeue in Suid-Afrika; Die Dexter Familie, Van Stamvader Jean Prieur tot Pieter Johannes du Plessis, Die Du Preez-familie in Suid-Afrika 1688 - 1988 en nog vele meer, kry.

Ons glo dat ons (GGSA), die produkte en dienste wat ons aan ons lede lewer nog steeds moet verbeter en uitbrei sodat ons as 'n genootskap van lede, relevant bly. Die GGSA tree ook as uitgewer op en staan lede by met die versorging van hul werk vir publikasie en verleen hulp met die bemarking daarvan.

Kontak ons.

- klik hier om 'n blik op die  produkte wat beskikbaar is te kry - kyk gerus ook na die eGGSA tak op die menulys hierbo by takke.

Die GGSA het dertien takke wat regoor die land versprei is. Daar is ook 'n elektroniese tak wat die eGGSA genoem word. Soos die naam aandui funksioneer dit in die kuberwêreld. Klik asseblief op die tak menu op hierdie bladsy om meer inligting oor die takke te lees.

Daar is twee moontlikhede. Klik op die tak menu en kies die tak wat jou geval. Wanneer jy met 'n besondere tak wil skakel soek die Kontak ons menu op en stuur jou navraag na een van die skakel persone by die tak. Alternatiewelik kan jy klik op navraag by genza.org.za en jou navraag via die kontakvorm rig vanwaar dit verwys sal word na die toepaslike persoon om te reageer.