NTvl-Stories

Euforiese-, Hoenderveloomblikke- Alta Jamison

Images

Euforie word gedefinieer as ʼn staat van intense vreugde, geluk, behaaglikheid. Nooit het ek kon dink dat my belangstelling in genealogie tot vele sulke euforiese-, hoendervel- en selfs eerbiedige oomblikke kon lei nie.
In Maart 2018 arriveer vyftien verpakte kartondose uit Bristol in Engeland by ons aan't huis. Die ontginning van hierdie houers het ʼn vier-weke lange staat van innerlike histeriese vreugde by my ontketen. Ons huishouding het tot ʼn knersende stilstand gekom en my gesin moes maar met geduld verlief neem met my akute toestand. In die houers was die besittings van my man se ouma (Hilda Watney Jamison née Wilson, 1912 – 2012) en tante (Jean Alison Jamison, 1952 – 2015) wat deur die familie uitgesorteer is en na die Jamisons in Suid-Afrika aangestuur is. Die inhoud het ingesluit stapels ou familiefoto's (waarvan die meeste geïdentifiseer was), 19de eeuse amptelike dokumente soos huweliksertifikate, testamente en koop/verkoop kontrakte, pakke neergepende familieregisters, -geskiedenisse en -stories, ou boeke, joernale en ‘n Bybel wat aan voorvaders behoort het, oorspronklike waterverf-kunswerke deur vroulike voorsate wat in die 1800s geleef het, koerantuitknipsels en familiebriewe uit die 19de en 20ste eeu gedateer, insluitend briewe van krygsgevange-familielede asook kosrantsoen-koeponne uit die Tweede Wêreld Oorlog, en artefakte soos juwele, ʼn uitgekerfde ivoor-juwelierhouer uit Britse Indië en - vir my die kosbaarste - die seremoniële swaard van my man se grootoom (Antony Geoffrey Jamison, 1910 – 1939) wat op 3 Junie 1939 in die HMS Thetis duikbootramp aan die Walliese kus oorlede is.
Ek het geen erg aan die geldelike waarde van al hierdie items nie. Inteendeel, die onskatbare historiese en sentimentele waarde daarvan is vir my van veel groter belang, en móét vir die nageslag (en historiese navorsers) bewaar bly. Oor ‘n tydperk van drie maande is al die inligting en foto's met opgewondenheid bygewerk op my bestaande webwerf The converged history of families Kruger and Jamison (http://altathegenealogist.org.za). Nou sien die geskiedenis van die Brandreth, Green, Heyworth, Jamison, Wilson en Wrigley families soveel vollediger, akkurater en ryker daar uit.
Ek voel baie geëerd dat die Jamison-familie my as kurator van hul familie se geskiedenis aangestel het en hoop om tannie Jean se kundige skoene vol te kan staan. Die euforie duur voort …

  • Hits: 6510

Hoe lank soek mens. . . . .

                                                 Wanda Minnaar

Soos meeste genealoë was daar vir my ook al oor die jare asem ophou oomblikke:   kan dit regtig waar wees?  Het ek regtig die skakel gevind? Twee sulke oomblikke sal my altyd bybly.

Ek het met hierdie stokperdjie begin omdat ek die vraag wou antwoord of ek ʼn Hugenoot Minnaar is en of my voorouers dalk latere immigrante was. 

Teen die tyd wat die genealogie gogga my gebyt het, was beide my ouers reeds(vroeg) oorlede.  My Dadda was die 12de van 13 kinders.  Sy suster net ouer as hy,  het drie getikte bladsye gehad waar die broers en susters en hul gades en meeste van die kinders aangeteken was.   My tante het vir my ʼn afskrif gegee.   Dit was ʼn vertrekpunt.   Net sover terug as my oupa Jacob Pieter MINNAAR.

Soos die proses werk, het ek op oupa Jacob se sterfte kennis (SK) in die Pretoria Argief sy ouers se name gekry en op grootoupa Johannes Stefanus Josua se SK weer sy ouers, Jacob (sonder die Petrus/Pieter) en Susara Susanna (sonder die Aletta) Minnaar (eintlik Joubert).  Ek het ook  my grootoupa, Johannes Stefanus Josua MINNAAR, en -ouma, Martha Johanna ROUX, se huweliksbevestiging in die NG Kerk, Kaapstad, op ʼn mikrofilm by UNISA gevind.   En dit was al wat in die noorde beskikbaar was.   Die res is in die Kaap.

In die Kaapstad Argief volg ek weer die SK-lyn.   Op Jacob Pieter (gedoop Petrus) MINNAAR se  SK is ʼn seun Johannes Josua maar geen Johannes Stefanus Josua.  Die SK-lyn dui daarop dat ek wel ʼn Hugenote Minnaar is MITS ek Johannes Stefanus Josua kan vind.

Doopregisters is volgende.  In die Drakensteinse doopregister vir  4 Sept 1839 doop Jacob Pieter MINNAAR en Sara Susanna Aletta JOUBERT ʼn seun, Jacob Pieter Minnaar wat volgens die doopregister op 9 Mei 1839 gebore is.  Hierdie kind verdwyn uit die rekords.   Hy verskyn nie in SAG nie en ook nie op sy vader se SK nie.   (Die Jacob Pieter wat wel verskyn is uit sy tweede huwelik gebore.)

Op 12 Maart 1843 doop Jacob Pieter MINNAAR en Sara Susanna Aletta JOUBERT weer ʼn seun, Johannes Stephanus (sonder die Josua) maar sy geboorte datum is 7 Februarie 1843!!!   Uiteindelik:  ek het my grootoupa gevind – al het die skriba ʼn fout gemaak -  en kan bevestig dat ek Hugenote bloed in my are het.

Terwyl ek so met die Minnaars besig is en danksy Alex Fuchs se Du Toit-boek, ook met my mamma se Du Toit-lyn,  word die skreiende afwesigheid van  groei in ʼn bepaalde kwartier staat al hoe meer opvallend.

Wie was Alida Jacoba NIEMAND, *20 November 1876:  my Dadda se moeder?  

Ek het heelparty Alida Jacoba NIEMAND's raakgesoek maar nie een was die regte een nie.   Die streng volgorde van die naamgewing van haar kinders het ʼn leidraad besorg.   Die eerste kind was Martha Sophia.   Sy is jonk oorlede.   Familie legende het dit dat sy deur ʼn slang gepik is.   Die dertiende kind is weer Martha Sophia.   Dit het my laat dink dat Martha Sophia dan Alida Jacoba se moeder moes wees.

Ek het op Family Search AL die Vrystaatse doopregisters vir die periode 1876 – 1886 deurgewerk.  Al die Vrystaatse huweliksregisters vir die periode 1860 – 1878 ook.  Niks.   Niks.   Niks.   7 jaar lank.

In September 2017 is ek in die Kaap en het tyd om een oggend gou by GISA in Stellenbosch ʼn draai te gaan maak.   Daar kry ek Alida Jacoba, gebore 20 November 1876, gedoop  Februarie 1877, in ʼn Kroonstad doopregister.   Maar met die vinnig kyk na mikrofiche's is die pa nie NIEMAND nie so ek ‘blaai om' en kyk nie verder nie.

Op 28 Oktober 2017 sit ek in die biblioteek by die Erfenis Stigting, Voortrekker Monument, Pretoria, op die rekenaar en werk en kom op ʼn doopregister vir Kroonstad af  en daar vind ek vir die periode 1881 tot 1889 vier kinders wat gedoop word vir die ouerpaar Carel Willem Pieter NIEMAND (wat ek geweet het Alida Jacob se pa was) en Martha Sophia VERSTER.   Al hierdie kinders het aangewese doopouers want hulle by die oudste van hulle is die inskrywing “onecht”.  Die res het nie die “onecht” inskrywing nie maar by een word wel “gratis” aangedui.  “Echt” of nie, “gratis” of nie, ek het Martha Sophia gevind.

Ek soek verder en kry ʼn Bothaville huweliksregister onder oë.  En voorwaar op 21 Mei 1894 is Carel Willem Pieter NIEMAND (50 jaar oud) en Martha Sophia VERSTER (42 jaar oud), getroud!

Ek sal, wanneer ek eendag weer in die Kaap is, teruggaan GISA toe en weer na films 471 en 472 gaan kyk en daardie Alida Jacoba se doop inskrywing goed bekyk.   Ek vermoed dat haar doopouers se name in die ‘ouers' kolom ingevul is en dat haar biologiese ouers se name waarskynlik in die getuie kolom verskyn.

Kan ek al juig oor Alida Jacoba NIEMAND?  Streng gesproke seker nie maar ek het net die ‘gevoel' dat ek haar gevind het.   ‘My' Alida Jacoba se kwartier staat is nou nogal indrukwekkend!   Ek hoop dit bly so.

En hoekom het ek nie na haar ouers se SK's  gekyk nie?   Want daar is nie.   Hulle was ʼn ARM mense.  In die argief is ʼn velletjie papier wat sê hy is oorlede en kan die leen beeste maar aan sy weduwee gegee word.

Daar word dus aanhou soek.   Tot jy vind.  ÃŠrens is daar iets.

  • Hits: 5223

Soektog na Engelbrechtsdrif lewer verrassende resultate

Tydens die Argieftoer na Bloemfontein, het ek en n mede reisiger Rina Steenkamp, besef dat die inligting wat die dokumente in die Argief aan die lig gebring het net die eerste tree na die volgende stap was naamlik om self die plekke te gaan opsoek.
So het ons dan afgesit Heilbron toe waar albei van ons se voorouers vandaan gekom het. Rina het die dienste van n skitterende gids en uitstekende historicus van die omgewing, mev Quarta Pretorius bekom.Dit wat Quarta nie geweet het nie, het sy geweet wie weet.
Op my vraag na waar Engelbrechtsdrift was het sy my verwys na mnr Piet Lombaard. Engelbrechtsdrift was vir jarelank vir my n probleem. Kort voor my pa se dood, ongeveer vyftien jaar gelede, het ek hom en my ma op n reis om die Vaaldam geneem op soek na sy geboorte grond, hierdie geheimsinnige altyd ontwykende Engelbrechtsdrift. Sommige was selfs van mening dat die plek nou onder die waters van die Vaaldam was.
Maar Piet het geweet waar dit was:
Jarrrre gelede was daar n skooltjie op die plek, die Stofberg Gedenkskool. Ds AM Hofmeyr was destyds die leeraar. Weens die groepsgebiede wet van die Apartheidsera moes die skooltjie wat later swart predikante opgelei het, verskuif en die gevolglike besluit wat gemaak is was om die bestaande geboue in n tronk te omskep. Vandag is dit bekend as die Groenpunt Gevangenis. Wat destyds bekend was as Engelbrechtsdrif is nou op die terrein van die gevangenisdienste naby Denysville aan die oewers van die Vaaldam. Nog meer, Piet het ook geweet dat daar n familie begraafplaas op die terrein was en nog des te beter, het hy geweet waar om dit te vind.
Daar tussen die lang gras wat lank genoeg was om n olifant in te kon wegsteek was n tiental grafte, onder andere die graf van die stamvader Gerhardus Christoffel Engelbrecht en sy vrou Sara Johanna nooi Van Staden.
Piet het verder ook nog die oorspronklike kopie van De Kerbode Het Weekblad 1908 waarin die storie van die Stofberg Gedenkskool gepubliseer is. Daarby het hy ook kopieë van die notules van die ouer/onderwyser vergaderings waarin oa die naam van n ene PT Engelbrecht, seker my oupa-grootjie, genoem is.
Praat van LUCK ! This was my lucky day. Sonder geluk aan ons kant sou al hierdie dinge vir my geslote gebly het. Om toestemming te kon verkry om al die bogenoemde aktiwiteite te kon verrig moes Piet n epos aan die owerhede rig en nog wag vir n antwoord, nie alleen n antwoord nie maar daarby ook n gunstige antwoord.My dank aan elkeen wat hier genoem is en ek sal enige verdere inligting oor hierdie storie asook oor die Engelbrechts Engelbrechtsdrift verwelkom. My selnommer is 072 2829 878 en landlyn 012 253 0845.
Jeanne van der Merwe
Klik op die foto's om te vergroot. {artsexylightbox path="images/NTvlFotos/Engelbrecht" previewWidth="100" previewHeight="100" thumbnailPath="images/thumb_folder"}{/artsexylightbox}

  • Hits: 5946

Mattheus of Matthews

Geskryf deur Pieter Van Aardt

Die verandering van slegs een letter in ‘n van kan ‘n groot verskil maak en taamlik verwarring skep, veral as sterfkennisse van meer as sestig jaar gelede, die enigste bron van inligting is.

Hou ook in gedagte dat sommige van hierdie sterfkennisse handgeskrewe is en dus plek-plek moeilik leesbaar. In die vroeë jare tagtig, toe ek nog ‘n groentjie op die gebied van genealogie was, het ek ‘n geval teengekom wat my op daardie tydstip heeltemal in die war gehad het, ooglopend as gevolg van ‘n gebrek aan ondervinding.
Destyds was die TAB in die kelderverdieping van die Uniegebou gehuisves. Om daar navorsing te gaan doen, moes ek kantoortyd afknyp en gewoonlik was daar nie baie tyd beskikbaar nie. Daar was ook nie digitale kameras nie en kopiëring van dokumente was (sover ek kan onthou) nie beskikbaar nie. Gevolglik moes alle inligting in boedellêers, soos bv. op sterfkennisse, met die hand afgeskryf word terwyl ek in ‘n wedloop met die horlosie gewikkel was. Op ‘n dag kom ek toe op boedel nr. 1906/38 af. In die lêer was twee sterfkennisse. Die eerste (handgeskrewe) sterfkennis het die volgende inligting bevat:
Hendrik Petrus van Aardt known as Henry Matthews.
Vader: Willem Adriaan van Aardt  Salomina Catherina Mattheus Van Aardt Matthews
Moeder: Salomina Catherina Matthews (formerly Van Aardt) 
Ouderdom: 28 jaar 6 maande
Woonplek: 3de Laan 16, Orange Grove, Johannesburg
Single
Datum van dood: 21 Mei 1938
Geteken te Johannesburg 15 Junie 1938
S.C. Matthews Mother present at deathbed.
Skuins oor die sterfkennis is ‘n nota: See amended D/Notice

Die tweede (getikte) sterfkennis het soos volg gelui:
Henry Matthews (formerly known as Hendrik Petrus van Aardt)
Vader: Willem Adriaan van AardtMoeder: Salomina Catherina Matthews (formerly Van Aardt)
Ouderdom: 28 jaar 6 maande
Woonplek: 3de Laan 16, Orange Grove, Johannesburg
Single
Datum van dood: 21 Mei 1938
Geteken op 16 Mei 1939 (handtekening onleesbaar)

Lees verder

  • Hits: 7681

Ossewabrandwag

Klik op die foto's om te vergroot

Geskryf deur Sam Bach

Dit wil voorkom asof die onderwerp van ons Septemberbyeenkoms vir baie mense van groot belang was, want die Kunsgalery waar ons byeenkom, was gepak met bykans 150 mense. Dalk was dit ook omdat daardie deel van ons geskiedenis so verwaarloos was. Dit is hoe ons spreker Charl Blignaut (foto hieronder) sy aanbieding ingelei het.

"Die storie van die Ossewa-Brandwag is een wat redelik verwaarloos was tot die jare tagtig Рen selfs tot vandag toe nog," het Charl Blignaut, bekroonde historikus verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ges̻.

According to Blignaut this history of a large number of our fellow Afrikaners was largely forgotten and found some expression only in obscure journals mainly perused by academics. His six years of study also highlighted the role of Afrikaner women in resisting the Smuts regime's war effort.

{artsexylightbox singleImage="images/NTvlFotos/Ossewabrandwag/Charl_Blignaut.jpg" path="images/NTvlFotos/Ossewabrandwag" color="white" previewWidth="200"}{/artsexylightbox}

"Deur te fokus op spesifiek die rol van die Afrikanervroue wat deel van die Ossewa-Brandwag (OB) was, kan ek die historiese konteks van die OB skep, 'n beweging wat baie maklik misverstaan kan word."

Volgens Blignaut was die 100-jarige herdenking van die Groot Trek in 1938 die impuls vir die totstandkoming van die OB. Baie Afrikaners se oogmerk was destyds die herstel van die ou republikeinse ideaal, wat met die Anglo-Boereoorlog tot niet gegaan het. In die emosionele opwelling van die Eeufeesvierings oor die land heen was die OB se gestelde doelwitte dan ook die handhawing van taal en tradisie, die uitbou van Afrikaners se godsdienstige, kulturele en materiële belange en die kweek van vaderlandsliefde en nasietrots. "Dit was regtig 'cool' om 'n Afrikaner te wees," aldus Blignaut, "iets wat ons ons nouliks vandag kan indink."

The outbreak of the war in September 1939, only months after the OB's establishment, would change the character of this cultural movement virtually overnight into that of a resistance movement. This was because Afrikaners were bitter about being involved in a war in defense of Britain, almost a repeat of the 1914 Rebellion.

"Maar die OB kan nie met verregse organisasies vergelyk word nie," het Blignaut gesê. "Deur oppervlakkig na die beweging te kyk, soos om op sy simbole en militaristiese

{artsexylightbox singleImage="images/NTvlFotos/Ossewabrandwag/Gehoor.jpg" path="images/NTvlFotos/Ossewabrandwag" color="white" previewWidth="200"}{/artsexylightbox}

struktuur te fokus, lei nie tot verstaan van die OB nie. Dit was 'n massavolksbeweging met intellektuele leierskap, wat hom vir ander kwessies beywer het as wat ons vandag in die gesig staar."

Weliswaar het die OB die Uniebestel verwerp, en was hy openlik anti-Brits en pro-Duits. "Maar hul leiers het op alle terreine intellektuele oplossings gesoek deur beleid oor maatskaplike, ekonomiese, opvoedkundige en ander kwessies te formuleer wat die Afrikaner ten nouste geraak het, veral bekamping van armoede onder Afrikaners," het Blignaut verduidelik.

In hierdie konteks het bekende Afrikanervroue, soos Erika Theron, Anna Neethling-Pohl, die skrywer MER en Emmie du Toit Steyn, dogter van oud-president MT Steyn 'n leidende rol gespeel – en ook lydende verset aangewakker. Deur protestoptogte, petisies en selfs ondergrondse optrede het hulle die regering ondermyn.

For instance, Anna Neethling-Pohl organised a protest march in June 1940 of 10 000 women from Church Square to the Union Buildings (This preceded the well publicised 1956 women's march, which is nowadays being celebrated as Women's Day – Ed.). She also staged impromptu theatrical shows as an effective front for secret OB meetings.

Volgens Blignaut word verkeerdelik op die radikale dimensie, waarin die Stormjaers deur geweld, veral sabotasie, die bewind wou oorneem en derhalwe deur die Smuts-regering vervolg is, gefokus. Dit is insiggewend dat die leier van die OB, Hans van Rensburg, nooit geweld voorgestaan het nie en ook nooit geïnterneer is nie. Die Stormjaers op hul beurt het ook nooit in die openbaar erken dat hulle tegelyk lede van OB was nie.

Blignaut explained that Potchefstroom was an important centre of OB activities, with some two-thirds of the university academics being members. This underscores the fact that the organisation had an intellectual grounding, unlike the 'brandy-and-coke' brigade that characterises many other far-right movements.

Hy het daarop gewys dat 400 000 Afrikaners, ongeveer een-derde van die destydse Afrikanerbevolking, lede van die OB was. Hulle kon baatvind by die OB se gereelde koerantjie wat vandag 'n insiggewende blik op die beweging se aktiwiteite gee. Inderdaad is hierdie bron, , insluitend foto's en meer as 3 000 artefakte wat tot onlangs by die universiteit in Potchefstroom bewaar is deel van die groot inligtingskat. Dit is intussen na die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument verskuif, waar dit op aanvraag vir navorsers beskikbaar gemaak kan word.

The membership lists that will soon be available in digital format could be an important source for genealogists, he said.

"Hierdie is deel van die geskiedenis van ons Afrikanervolksgenote, dog moet in konteks gesien word: dis hoog tyd dat ons nie meer skaam oor hierdie geskiedenis behoort te wees nie."

Blignaut wat tans aan sy doktorale proefskrif werk, het genoem dat sowat 40% van die OB-dokumentasie reeds gedigitaliseer is wat dit vir navorsers meer toeganklik begin maak. "Ons het egter nog fondse nodig om die res te digitaliseer," het hy ten slotte genoem.

(Die indeks van die OB se rekenariseerde inligting is in die Erfenissentrum se biblioteek beskikbaar vanwaar mens na die Erfenissentrum se argief kan gaan om die groot getal foto's van OB-geïnterneerdes van uitstekende gehalte op 'n rekenaar te sien. Red)

  • Hits: 16701