GGSA - Projekte - Begraafplaas

Konteks
Genealogiese brondata is 'n voorvereiste vir die beoefening van genealogie en daarom het die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) verskeie projekte binne bepaalde fokusareas: die lewe van 'n persoon, in sy mees basiese vorm, word gedefinieer deur die gebeure wat verband hou met geboorte en dood. Die eerste fokusarea lê dus klem op inligting rakende sterftes. Dit sluit in begraafplase en hul liggings, begraafplaas-rekords, grafstene, begrafnisbriewe en 'n virtuele ruimte om geliefdes te onthou (“in herinnering”).
Oorsig van die Begraafplaas-rekorderinginisiatief
Dit is 'n inisiatief van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) onder leiding van Peter & Beverley Moss en Riana le Roux.
Die doel is om die genealogiese inligting in begraafplase van Suid-Afrikaanse belang te bewaar en die inligting vir genealogiese navorsers toeganklik te maak.
Die oogmerk is om inligting behoue te laat bly deur die insameling, opname, verwerking en die veilige bewaring van begraafplaas-data te bestuur. As sodanig bevat die genealogiese inligting wat opgeteken is geboorte-, sterfte- en begrafnisgegewens, plus enige persoonlike historiese gegewens (bv. beroep, huwelik of enige ander familieverhoudings) wat in die begraafplaas-rekords voorkom.
  • Die data word versamel uit alle soorte begraafplaas-bronne, soos grafstene, begrafnis-registers, gedenktekens en verassingsgedenkplate.
  • Die projek dek alle begraafplaas-data van Suid-Afrikaanse belang, binne en buite Suid-Afrika.
  • ‘n Belangrikste fokuspunt van die projek is die versameling van inligting uit die vele plaas-begraafplase wat oral in Suid-Afrika voorkom. Plaas-begraafplase het geen begrafnis-registers nie en die grafstene word verwaarlos en beskadig, anders as stedelike begraafplase wat nou ook toenemend bedreig word.
Die volgende drie projekte is onderling gekoppel en inter-afhanklik van mekaar. Saam vorm hulle die GGSA-Begraafplaas-rekorderinginisiatief: die Begraafplaas-liggingsprojek; die projek vir die indeksering van Begraafplaas-rekords; en die Grafsteen-fotoprojek.
PROJEK Begraafplaas-liggings
Tegnologie soos Google Earth en GPS-koördinate (“global positioning system”) maak dit maklik om begraafplase op te spoor wat reeds geindekseer is / of nie, asook plaas-begraafplase wat dikwels moeilik is om op te spoor. Wanneer dit opgestel is, en met die toepaslike .KMZ-lêer gelaai is, wys Google Earth die begraafplaas-liggings relevant tot die begraafplaas-verwante projekte en dui die posisie aan met ‘n geskikte ikoon. Twee stelle inligting is beskikbaar: GGSA-Begraafplase (die geïndekseerde begraafplase) en 50K-Begraafplase (ongeïdekseerde begraafplase). Die verwante KMZ-lêers kan via die Genza.org.za webwerf afgelaai word.
PROJEK Begraafplaas-rekords
Die Begraafplaas-rekordsprojek transkribeer die inligting uit verskillende bronne en neem dit deurlopend in interne databasisse op. Dit verskaf die inligting om twee indekse te produseer: 'n Begraafplaas-indeks en 'n Grafsteen-transkripsie-indeks.
Die Grafsteen-transkripsie-indeks word jaarliks op ‘n gegewe afsnypunt as 'n uitgawe gepubliseer. Die jongste, Grafsteen-transkripsie-indeks Uitgawe 20, wat in Maart 2023 gepubliseer is, bevat 953 225 name van 3 196 begraafplase. Hierdie uitgawe van die Grafsteen-transkripsie-indeks is digitaal aflaaibaar via die AanlynWinkel en bevat die volledige indeks soos op die datum van die uitgawe.
Alternatiewelik is die Grafsteen-transkripsie-indeks, wat deur die loop van die jaar deurlopend bygewerk en maandeliks gepubliseer word, ook op die volgende manier beskikbaar: Individuele rekords van die Grafsteen-transkripsie-indeks kan verkry word via die WebWinkel - dit bied 'n soekenjin om spesifieke rekords te kies en aan te skaf en wel met 'n koopbewys (“token”).
Uittreksels (op Excel-spreistate) van die Begraafplaas-indeks is gratis op die Genza-webwerf beskikbaar. Dit word gebruik om die opnamepoging te bestuur en bevat drie hoofareas: begraafplaas-name; dokumente en begraafplaas-liggings.
PROJEK Grafsteen-foto’s
Die Grafsteen-transkripsie-indeks word deur foto’s van die grafstene met byskrifte, aangevul. Hierdie grafsteen-foto’s word in alfabetiese albums beskikbaar gemaak en is soekbaar, op familienaam, begraafplaas, ens. - gratis op die webwerf graves-at-eggsa.org. Hierdie albums bevat tans meer as 925 000 foto’s, met baie foto’s wat nog verwerk moet word.
Verskeie riglyne is beskikbaar, byvoorbeeld oor die beplanning van 'n uitstappie na 'n begraafplaas, hoe om grafstene te fotografeer, ens.
Uitnodiging en versoek
Benewens die opnames van begraafplase deur die verskillende GGSA-takke, het ons baie vrywilligers wat data opneem en help met die verwerking daarvan. Jy is welkom om tot die inisiatief by te dra - die uitnodiging is oop vir die publiek. Ons het wel enkele riglyne vir opname wat gevolg moet word om inligting vir hierdie projek aan te teken. As jy belangstel om te help met die fotografering en transkripsie van begraafplaas-registers, of om onderskrifte by grafsteen-foto’s te voeg, kontak Peter MossHierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Riana le Roux  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Meer inligting
Hierdie dokument stem ooreen met die GGSA se webwerf (Genza.org.za). 'n Projekoorsig vir elk van hierdie projekte word voorsien, met ondersteunende inligting wat gewoonlik afgelaai kan word en met uitgebreide skakels na relevante bladsye en webwerwe.
Aksies
  • Aflaai van die Begraafplaas-rekorderinginisiatief – 'n Inleiding.
  • Aflaai van die Begraafplaas-rekorderinginisiatief – In 'n neutedop diagram.

cemetery locationsProjekleiers Peter en Beverley Moss
Die Projek is ‘n inisiatiatief van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA).
Beskrywing
Tegnologie soos Google Earth en GPS-koördinate (global positioning system) maak dit maklik om begraafplase te vind wat reeds gerekordeer is/of nie, en ook plaasbegraafplase wat andersins moeilik is om op te spoor.
Wanneer opgestel en gelaai met die toepaslike .KMZ -lêer wat op die Genza-webwerf beskikbaar is, wys Google Earth begraafplaas-liggings relevant tot die begraafsplaas-verwante projekte en toon hul posisie aan met ‘n geskikte ikoon.
Aflewerbares
Twee stelle inligting (twee perspektiewe) is beskikbaar via Google Earth:
  • GGSA-Begraafplase (geïndekseerde begraafplase)
Google Earth open met 'n hoëvlak aansig van Suider-Afrika wat al die GGSA-Begraafplaas-liggings aantoon (dws alle begraafplase wat opgeteken is), met 'n GGSA-simbool.
  • 50K Begraafplase (ongeïndekseerde begraafplase)
Die 1:50 000 topografiese kaarte van Suid-Afrika toon duisende begraafplase wat met "+" gemerk is. Lêers wat hierdie punte bevat, is geskep en volgens plek en plaasnaam geïndekseer. Hierdie lêers is vernou tot '+'-punte wat begraafplase voorstel wat nog nie deur die Begraafplaas-rekorderinginisiatief opgeteken is nie.
Vir elk van hierdie perspektiewe word die liggingslêer (KMZ) maandeliks bygewerk, wat dan deur Google Earth geïnterpreteer kan word.
Uitnodiging
U is welkom om hierdie kaartverbeterings te gebruik; dit is gratis aan die publiek beskikbaar.
Kontak
Peter en Beverley Moss via Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Aksie
Opstel om Google Earth (GE) te laai en gebruik.

Datastelle
Twee stelle inligting (twee perspektiewe) is beskikbaar vir gebruik via Google Earth:
  • GGSA-Begraafplase (geïndekseerde begraafplase).
Google Earth open met 'n hoëvlak-aansig van Suider-Afrika wat al die GGSA-Begraafplaas-liggings toon (dws alle begraafplase wat opgeteken is), met 'n GGSA-simbool.
  • 50K Begraafplase (ongeïndekseerde begraafplase).
Die 1:50 000 topografiese kaarte van SA toon duisende begraafplase met "+" gemerk is. Lêers wat hierdie punte bevat, is geskep en volgens plek en plaasnaam geïndekseer. Hierdie lêers kan met behulp van Google Earth gelees word. Deur op die "+"-punt te klik, word 'n dialoogvenster oopgemaak wat die plaasnaam, GPS-koördinate, ens. gee. Die "+"-punte verteenwoordig begraafplase wat nog nie deur die begraafplaas-projek opgeteken is nie (opgetekende begraafplase is uit die lêer verwyder wanneer dit nader as 200 meter is). Dit is ideaal vir die die beplanning van die rekordering van begraafplase.
Oorwegings
Daar is 'n groot hoeveelheid inligting in elk van bogenoemde datastelle wat Google Earth kan hanteer. Dit kan egter tyd neem om weer te gee en kan reaksietye vertraag, wat die indruk mag skep van 'n stadige stelsel, afhangend van jou rekenaarkonfigurasie. Die maklikste oplossing is om te oorweeg om slegs 'n substel op 'n slag te gebruik (bv. die provinsie waarin jy wil werk).
Jy kan ook albei bogenoemde stelle laai (tesame met ander datastelle wat jy mag hê), maar dit sal ook die probleem hierbo vererger. Daar is funksies in Google Earth beskikbaar om lae (“layers”) aan en af te skakel. Lêers vir elke provinsie word voorsien vir die 50K-opsie.
Hoe akkuraat is die inligting en hoe gereeld word dit opdateer?
Alles moontlik is gedoen om te verseker dat die inligting so akkuraat moontlik is, maar onakkuraathede kom voor, hoofsaaklik as gevolg van die volgende:
  • Ou liggings afgelei van die 1:50 000 kaarte het ‘n dubbele nadeel in die sin dat dit geskaal en van die papierkaart afgelees is. Die koördinate is ook Cape System en nie die wêreldwye WGS84 wat deur Google Earth en GPS-ontvangers gebruik word nie. Ons korrigeer hierdie koördinate namate tyd dit toelaat.
  • Gebruik van verkeerde GPS-datum deur opnemers. Die datum van die kaart is die koördinaatstelsel waarop dit gebaseer is - ons gebruik WGS 84 Hartbeeshoek.
  • Die kans op onakkuraathede tydens die koördinaatopname en dataverwerking.
  • Sommige dele van die Google Earth-kaarte is "vaag", dus kan akkurate Begraafplaas-liggings kan nie verkry word nie en benaderings word gebruik.
  • Sover moontlik let ons op die akkuraatheidsvlak van die koördinate en oudit die aangeduide plekke vir korrektheid.
  • Die data word aan die einde van elke maand opdateer - hou dus nuwe hersienings dop.
Beskikbare KMZ-lêers
KML (Keyhole Markup Language) is 'n lêerformaat wat gebruik word om geografiese data in 'n Earth-blaaier soos Google Earth te vertoon. KMZ is 'n KML met ondersteunende lêers in 'n kompakte formaat (“zipped file”).
Aksie
  • Aflaai van die KMZ relevante lêer deur te klik op die spreiblad naam in die tabel hieronder.

GGGSA-Begraafplase (geïndekseerde begraafplase)

NR SPREIBLAD BESKRYWING KMZ LÊER NAAM
1.0 GSSA Begraafplase Die volledige datastel
GSA01 - GSSA Cemeteries (full set)  - GGSA Begraafplase (volledige stel)
50K-Begraafplase (ongeïndekseerde begraafplase)
NR SPREIBLAD BESKRYWING KMZ LÊER NAAM
1.0 50K Begraafplase
1.1 50K Begraafplase Die volledige datastel 50K11 - 50K Cemeteries (full set) - 50K Begraafplase (volledige stel)
2.0 Suid-Afrika - Provinsies
2.1 50K Oos-Kaap
Gedeelte: Oos-Kaap 50K21 - 50K Cemeteries (Eastern Cape) - 50K Begraafplase (Oos-Kaap)
2.2 50K Vrystaat
Gedeelte: Vrystaat
50K22 - 50K Cemeteries (Free State) - 50K Begraafplase (Vrystaat)
2.3 50K Gauteng Gedeelte: Gauteng 50K23 - 50K Cemeteries (Gauteng) - 50K Begraafplase (Gauteng)
2.4 50K KwaZulu-Natal Gedeelte: KwaZulu-Natal 50K24 - 50K Cemeteries (KwaZulu-Natal) - 50K Begraafplase (KwaZulu-Natal)
2.5 50K Limpopo Gedeelte: Limpopo 50K25 - 50K Cemeteries (Limpopo) - 50K Begraafplase (Limpopo)
2.6 50K Mpumalanga Gedeelte: Mpumalanga 50K26 - 50K Cemeteries (Mpumalanga) - 50K Begraafplase (Mpumalanga)
2.7 50K Noord-Wes Gedeelte: Noord-Wes
50K27 - 50K Cemeteries (North West) - 50K Begraafplase (Noord-Wes)
2.8 50K Noord-Kaap
Gedeelte: Noord-Kaap
50K28 - 50K Cemeteries (Northern Cape) - 50K Begraafplase (Noord-Kaap)
2.9 50K Wes-Kaap
Gedeelte: Wes-Kaap
50K29 - 50K Cemeteries (Western Cape) - 50K Begraafplase (Wes-Kaap)
3.0 Naburige lande
3.1 50K Botswana Gedeelte: Botswana  50K31 - 50K Cemeteries (Botswana) - 50K Begraafplase (Botswana)
3.2 50K Lesotho Gedeelte: Lesotho 50K32 - 50K Cemeteries (Lesotho) - 50K Begraafplase (Lesotho) NA
3.3 50K Namibia Gedeelte: Namibia 50K33 - 50K Cemeteries (Namibia) - 50K Begraafplase (Namibia)
3.4 50K eSwatini Gedeelte: eSwatini 50K34 - 50K Cemeteries (eSwatini) - 50K Begraafplase (eSwatini)
Hoe kan ek korreksies maak of kommentaar lewer?
Stuur asseblief na Peter Moss Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Opstelling
Die opstelproses bestaan ​​uit drie maklike stappe:
  • Installeer die Google Earth-toepassing.
  • Laai die begraafplaas-data af deur middel van die gegewe KMZ-lêer(s).
  • Raak vertroud met die basiese navigasie-funksies van Google Earth.
Installeer die Google Earth-toepassing
Maak seker dat die Google Earth Pro-toepassing op u rekenaar geïnstalleer is - dit is gratis beskikbaar:
  • Laai af van https://www.google.com/earth/versions/ deur “Google Earth Pro on desktop” te kies en daarna op “Accept and download” te klik.
  • Die afgelaaide .exe lêer verskyn onder in die linkerhoek (in ander blaaiers kan dit onder "Downloads" wees). Klik op die .exe-lêer wat die werklike toepassing en installasie sal aflaai. Sodra dit voltooi is, sal die toepassing vanself oopmaak (of klik op die Start-menu). Nou is Google Earth Pro op jou lessenaar geïnstalleer.
Nota: In die Google Chrome-blaaier is dit moontlik om die opsie "Google Earth op die web" te gebruik sonder om die toepassing af te laai. 'n Mens kan byvoorbeeld die KML / KMZ oopmaak en deurkyk deur 'n “nuwe projek” te kies. Die funksionaliteit is egter nie naastenby gelykstaande aan dié van die toepassing nie. Dit kan tog nuttig wees vir iemand wat net na die inhoud van 'n KML-lêer wil kyk.
Laai die begraafplaas-data
Google Earth moet aangepas word met die toepaslike begraafplaas-data wat ook gratis by die GGSA beskikbaar is:
  • Kies die relevante KMZ-lêer: skakel na Kies die relevante KMZ-lêer.
  • Laai die geselekteerde KMZ af na 'n geskikte plek op jou rekenaar-werksarea (“desktop”) of in jou rekenaar liasseerstelsel, waar jy ook al verkies.
  • Dubbel-klik op jou geselekteerde KMZ-lêer - dit behoort in Google Earth oop te maak. Afhangend van die grootte van die gekose KMZ-lêer, kan die voorstelling (die toepassing van die data op die kaart) 'n rukkie duur.
Raak vertroud met die basiese navigasiefunksies van Google Earth
Navigasie soos: rol met die muiswiel om in en uit te zoem; skuif + pyl, sal die oppervlak kantel of draai; druk R vir herstel tot loodreg met noord bo.
Raadpleeg die onderstaande video vir verdere hulp met installasie-riglyne en basiese oriëntasie: “Google Earth Pro - A Complete Beginner’s Guide” (37 minute).
Raak vertroud met die basiese funksionaliteit van die KMZ-data
Skakel na die volgende bladsye:
Gebruik Google Earth in ‘n wyer konteks
Skakel na die volgende bladsy:
Vir meer inligting oor die agtergrond en ontwikkeling van die GGSA se Google Earth-inisiatiewe
Skakel na die volgende bladsy:

50K Begraafplase (ongeïndekseerde begraafplase)
Sodra Google Earth geïnstalleer is en die data vir die nie-opgeneemde begraafplase toegepas word, word die volgende relevant:
  1. Wat toon die kaart?
  2. Begraafplaas-name
  3. Die 'pop-up'-venster
1. Wat vertoon die kaart?
Google Earth open met 'n hoëvlak aansig van Suider-Afrika wat al die begraafplaas-liggings met 'n '+'-simbool toon. Die standaardfunksies van Google Earth kan gebruik word om in of uit te zoem, die beeld te draai of na verskillende plekmerke of koördinate te vlieg. Interessante plekke wat op die standaard Google Earth-kaarte getoon word, help ook met navigasie.

What does the map show

2. Begraafplaas-name
Wanneer dit in Google Earth gelaai word, toon die nuwe beeld ongeveer 13 000 voorheen onbekende begraaf-plaas-liggings.
Deur in te zoem in die algemene area van belangstelling, skei die ikone en die begraafplaas of plaasnaam verskyn langs die begraafplaasmerk (“+”).
Cem names 2
3. Die dialoogvenster
Deur op die posisie "+" te klik, laai 'n dialoogvenster met relevante inligting, insluitend:
  • Plaasnaam
  • Kaarttitel
  • GPS-koördinate
  • Naaste dorp
  • Landdrosdistrik
  • Provinsie, ens.
pop up window 2