FS Heritage

Geskryf deur Johan Pottas 30 April 2013
Claus VOGT * c 1670 + 20/10/1719 is afkomstig van Henstedt, Schleswig-Holstein, Duitsland. Sy van word ook gespel as VOOGD, VOOGT, VOIGT, VAGT en VOOCHT. Hy tree op 1 Junie 1691 in diens van die VOC as 'n soldaat en vaar op dieselfde dag uit vanaf Amsterdam, aanboord die Lek vir die Kamer van Amsterdam, onder bevel van skipper Teunis de Hoop. Die Lek arriveer op 1 Oktober 1691 aan die Kaap en Claus (Claes) is een van 15 soldate wat agterbly aan die Kaap. Die Lek vertrek weer op 31 Oktober 1691 uit die Kaap en arriveer in Batavië op 20 April 1692. Hy werk as boerkneg in 1695 en 1698. Die Lek word in Amsterdam gebou in 1686 vir die Kamer van Amsterdam en is in diens van 1686 tot 1707 toe die skip in Batavië uit diens gestel word. Die Lek is 'n pinas tipe skip en sy mates is: lengte 140,5 voet, breedte 35,5 voet, hoogte 15,5 voet en laaikapasiteit is 762 ton bemanning is tussen 175 en 250. Die pinas wat deur die VOC ontwikkel was is 'n seiljag soortgelyk aan 'n "resies" geboude Galjoen, met drie maste of soms met twee maste. Die Pinas was gebruik as 'n handels-, seerower- en klein oorlogsvaartuig Die Pinas

{module Pinas Skip}

was algemeen in gebruik deur die VOC aangesien dit 'n vlak dieptgang gehad het. Die Pinas het oor twee dekke beskik die onderste een het oor die volle lengte van die skip gestrek terwyl die boonste dek verdeel was in twee naamlik die "verlaagde bakdek" en die "verhoogd bakdek".
(KAB CJ 2872.50) Op 31 Maart 1695 word 'n kontrak gesluit tussen Barent BURGER, vryburger en smid en Claas VOOGT, 'n soldaat in diens van die VOC. Claas word gekontrakteer as bouer vir die duur van 1 jaar teen beetaling van 4 Gulder 10 Stuijwers tesame met voedsel, drank en goeie verblyf.
(KAB CJ 2872.234)  Op 29 Augustus 1698 word 'n kontrak gesluit tussen die voormalige lid van die Burgerraad, Theunis Dirksz VAN SCHALKWYK, en die vryburger Claas VOOGD. Laasgenoemde is gekrontrakteer om te werk vir van Schalkwyk vir 'n periode wat strek vanaf 1 September 1698 en eindig aan die einde van Augustus 1699, Claas sal 12 Gulders per maand tesame met 'n pond tabak, kos, drank en goeie verblyf ontvang as vergoeding. Hy moet van Schalkwyk se skape oppas en indien een vermis word sal hy daarvoor aanspreeklik wees.

Lees verder